Geverifieerde Resensie
Keimoes
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Keimoes bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 221 resensies.
"So pragtige omgewing om jou batterye te laat laai en te ontspan. Gasvryheid uit die boonste rakke!"
"Goeie plek om te oornag op pad na Augrabiese Watervalle. Mooi deel van die Noord-Kaap met al die wingerde en die rivier."
"Was in Keimoes saam met my liefie wat daar gebore is. Dit was amazing."
"Ek is bietjie teleurgesteld in Keimoes. Tierberg is moo,i maar die glas stukke en stukkende drankbottels lê wyd verspreid. Mense is darem baie vriendelik en hulpvaardig. "
"Keimoes is 'n pragtige omgewing en ek dink dit sal nog mooier wees in die somer wanneer die wingerde groen is. Dit is ook sentraal geleë indien mens die ander toeristebestemmings van die omgewing wil besoek. Ek het nooit op enige stadium onveilig gevoel nie."
"Onthou dat die restaurant Maandae 14:00 sluit en vooraf reëlings getref moet word vir aandete."
"Keimoes is just a little village in the Karoo but conveniently located to visit the Augrabiese Falls and the agriculture plantation along the Orange River. Amazing to see the vineyards and citrus plantations producing raisins, table grapes and oranges for the world market. World class irrigation schemes. Very impressive."
"Ek dink nie die dorp is werklik 'n vakansiebestemming nie, maar voorwaar 'n perfekte dorp om te oornag en route na die Weskus, of blommetoere, ens. Baie mooi wingerde en die Oranjerivier kronkel stadig deur die dorp. Interessant om dit te kan ervaar. Naby die Augrabiese watervalle."
"Keimoes is 'n wonderlike plek met wonderlike mense. Ons beplan ons vakansie weer in die toekoms in daardie rigting. Sal Tkabies en Keimoes aan enige persoon aanbeveel. Tkabies se diens/waarde is besonders vir enige reisiger en toeris. "
"Keimoes se mense maak dit besonders. Augrabies en Kakamas met sy ruimtes is een van God se mooiste skeppings!"
"Die waterwiel kan beter opgepas word en nie tot niet laat gaan nie. Die bedellende jeug kan dalk ook beheer of besig gehou word."
"Baie agteruit gegaan. Die dorp is nie skoon nie en is nie veilig om laat in die middag daar rond te stap nie."
"Pragtige skoon dorpie met pragtige omgewing wat beslis 'n besoek werd is. Naby die roete na Augrabies en Kgalagadi Nasionale Park."