Geverifieerde Resensie
Keurboomstrand
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Keurboomstrand bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 127 resensies.
"Fantastiese strande, melkhoutbome, gereelde dolfyn besoeke. Regtig sprokiesmooi en 'n lekker bederf vakansieligging."
"As jy hou van rustigheid en wil wegkom van die daaglikse gejaag is Keruboomstrand beslis die regte plek!"
"Pragtige strand en omgewing. Ongerep en naby aan die natuur. Strand en swem-area kan gevaarlik wees as gevolg van dwarsstrome. Wees versigtig, veral met hoogwater. Wees ook op die uitkyk vir aktiwiteite in die water - voëls en vis. Die spesifieke naweek wat ons daar was, was daar 'n haaiaanval waar 'n 14-jarige seun beseer is. (Luister na die NSRI se waarskuwings.)"
"Daar is maar net een Keurboomstrand - ons gunstelingplek langs die Suid-Afrikaanse kus."
"We love the beauty and relaxed atmosphere of Keurboomstrand. There is so much natural beauty in the area as well as outdoor activities such as rowing on the river, hiking and enjoying the beach."
"Keurboomstrand is 'n moet sien plek. Daar is so baie om te doen, met die mooiste, skoonste strande."
"Keurboomstrand is die perfekte wegbreekdorpie. Met die naaste winkels en vulstasies in Plettenbergbaai beleef mens werklik rus en vrede. Die natuurskoon, draf/staproetes, strande en Enrico se restaurant maak die bly onvergeetlik."