Geverifieerde Resensie
Kgalagadi District
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kgalagadi District bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 60 resensies.
"We feel very sorry for the people that live there, because poverty and no work are very obvious."
"Die aankope vir kos en drank is baie beperk. Dit is verstaanbaar vir 'n klein dorpie. Ondersteun hulle tog om die voortbestaan te verseker."
"Daar is net geen Vodacom sein nie! Sal help as Vodacom 'n toring daar kan opsit. Maar was ook lekker om bietjie afgesny te word van die wêreld."
"The current bad road conditions are a huge drawback in making Van Zylsrus the tourist destination it deserves to be. With road conditions as they are, the tranquillity, beauty and charm of this clean little village is neither enjoyed nor explored. This wonderful introduction to the Green Kalahari and stepping stone to the Kgalagadi Transfrontier Park is being stifled by the current poor road conditions."
"Behalwe vir die Kgalagadi Park en die mooi Kalahari landskappe, is daar nie baie aktiwiteite vir toeriste nie. As jy egter wil rus, sal jy dit hier kan doen!"
"Nog net so lekker rustig soos ander jare wat ons hier oornag het, hier begin jou vakansie en jou siel begin rus!"
"Askham is 'n dorpie met die vriendelikste mense! Dit was 'n ongelooflike lekker kuier saam met die Askham-gemeenskap! Die Diamond Koffiewinkel op die dorpie is fantasties! "
"Pragtige klein dorpie met vriendelike mense! Definitief een van die mooiste in die Noord-Kaap."
"Moeilik om te sê of dit 'n goeie toeristebestemming is of nie. Ons het laatmiddag gearriveer, die hele daaropvolgende dag in die Kgalagadi gekuier en vroeg die volgende oggend weer gery. "
"Klein dorpie, maar die ligging naby aan die Kgalagadi park maak dit 'n goeie oorblyplek vir die wat nie self binne die park kan bly nie."
"Dorpie is aan die uitbrei met inligtingskantoor oor besoekpunte terwyl jy heerlik onder boom kan sit met heerlike koppie koffie en wortelkoek en net die rustigheid en gasvryheid kan geniet!"
"Ons het deur die Kgalagadi-streek getoer en sal dit weer in die toekoms aanpak. Daar is nog baie wat ek van die streek wil sien!"