Geverifieerde Resensie
Khomas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Khomas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 96 resensies.
"Windhoek was baie lank my stad en daarom sal my kommentaar bevooroordeeld wees. Welliswaar positief."
"Straatsmous weet meer as werknemers van die Nasionale Museum van wat aangaan in Windhoek."
"Windhoek self is 'n stad, en soos enige ander stad. Maar die kerk en museums is die moeite werk om te gaan verken en meer van Namibië en Windhoek se geskiedenis te leer ken. Windhoek se natuur om die stad self is natuurlik ook baie mooi."
"Windhoek is 'n stad wat lekker verken. Besoek gerus die Art and Craft Market. "
"Ek is in Windhoek gebore en was nog altyd lief vir die stad. Maar dis seker maar soos 'n meisie met wie jy eens uitgegaan het: Die betowering waai later oor."
"Eros is alle geriewe, ontspanning, uiteet en besighede, noem maar op, in een sin. 'n Rustige uitbreiding wat jy min sal kry. "
"Ek het net daar oornag en het van Uris afgekom. Ek het nie eintlik tyd gehad om Windhoek te bestudeer nie. Ek het wel gevind dat die stad baie skoon is en dat daar goed na die paaie gekyk word. Die mense is oor die algemeen vriendelik en betoon respek teenoor mekaar."
"Ietwat oorbevolk, maar word opgemaak deur vriendelike hulpvaardige inwoners. Pragtige omgewing ten spyte van ongekende droogte toestande. As jy een keer daar was wil jy weer gaan!"