Geverifieerde Resensie
Kingsburgh
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kingsburgh bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 348 resensies.
"Regtig 'n lekker plek wat nie oorvol was in Desember nie met baie plekke naby waarheen jy kan ry as die weer 'n bietjie goor is."
"Warners Beach se badkamers was heeltyd toe en het heeltyd soos sewerage geruik. Maar verder was alles maar rustig."
"Presently, Kingsburgh beaches are covered in sewerage and no swimming is allowed. 100% downer as that is why we went to Warner Beach, to enjoy the beaches! "
"Lekker naby aan winkels en restaurante. Besoek gerus die Illovo Kwekery en Thirsty Whale Restaurant, lekker naby."
"Strande is nie skoon nie. Geen vars vis te koop nie wat vir ons wat van die binneland af kom nogal belangrik is. Ons is nie lus vir gewone take aways en gevriesde vis nie."
"Ek dink daar kort meer ordentlike restaurante en ook meer wegneemetes. Miskien meer aktiwiteite ook vir as die weer nie lekker is vir die strand nie."
"Baie goed! Al ons inkopies by Woolworths en Checkers gedoen. Heerlike varsgebakte vis by 3 Vikings gekoop."
"Is 'n goeie bestemming as jy naby Durban moet wees vir bv. werk. Kingsburgh voel nie baie veilig nie en eetplekke maak almal vroeg toe."
"Die eetplekke was maar scruffy in die omgewing. Ons het al die pawnshops en ander winkeltjies geniet. Die strande was stil en skoon."