Geverifieerde Resensie
Kleinbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kleinbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 70 resensies.
"Fantasties as jy lief is vir die see en omgewing en vriendelike gemeenskap. Gemeenskap is baie bewaringsbewus. Love it!"
"Ons het net 1 van die 4 nagte daar geslaap en toe uitgeklok en by Great White Shark Accommodation gaan inklok vir 3 nagte. Hulle was puik!"
"Kleinbaai is beautiful, our friends enjoyed the fishing on the harbour wall. We would definitely go back to Kleinbaai."
"Skoon, rustig, voel veilig, baie om te sien - die Shark Cage Dive bote launch van hier af."
"Die haaihokke is die grootste aantreklikheid, maar helaas, teen R2200 per persoon vir 'n swem saam met die haaie, nie vir almal beskore nie! Ons het 'n koffie en koek geniet by die pikkewyn rehabilitasie sentrum daar naby. Restaurante is volop en daar is mooi natuurskoon langs die kus."
"Plek is vir natuurliefhebbers - niks te doen vir jong mense behalwe haaihokduik."
"Die bes bewaarde geheim van vakansieplekke in SA, sal oor en oor teruggaan hierheen."
"Great place to visit, particularly for the whale watchers and the cave lovers!"
"Net bietjie bekommerd omdat daar geen straatligte is nie, slegs onder by see se kant."
"Lieflike klein stranddorpie met alle inkopiegeriewe net 'n klipgooi weg. Lekker sentrale ligging om die omgewing te verken."
"Ek is mal oor Kleinbaai en sy mense, en het die walviskyk-trippie verskriklik geniet!"
"Kleinbaai is 'n wonderlike stil geleë plekkie teen die kus by die hawe. Mense is vriendelik en laat mens beslis welkom voel."
"Kleinbaai het 'n rotsagtige kuslyn so dis nie vir strand en see-swem liefhebbers nie. Maar as jy lief is vir rotse en dawerende golwe is dié net die plek. Daar is 'n heerlike restaurant en die haaiduik ekskursies is hoogs aan te bevele."