Geverifieerde Resensie
Kleinzee
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kleinzee bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 75 resensies.
"Dit is afgeleë, maar ons is mal oor langpad ry en dit was absoluut die moeite werd! Kleinzee is vrek warm, maar die stilte klim in jou siel in en jy het tyd om kop skoon te maak."
"Kuiergaste moet net ingelig word dat die ATM nie altyd kontant beskikbaar het nie (daar is net 1). Dit was nogal vir my 'n verleentheid om nie die 2de helfte van my betaling te kon trek nie, maar 'n vriendelike dame by die Vellies-winkel kon my help."
"Heerlike stil dorp met pragtige strande. Hier kan mens rus vir jou siel kry."
"Strande moet meer gereeld skoongemaak word veral sand waar voertuig nie kon deur ry nie."
"As daar 'n teerpad is om die dorp te bereik, sal dit makliker wees om besoekers te lok."
"Maak seker jy het genoeg brandstof. Die pertrolstasie is baie klein en nie altyd oop nie. "
"Ek dink met tyd sal dit ontwikkel. Op die oomblik is dit ou inwoners wat terugkom om die plekke te besoek waar hul gewerk of grootgeword het. Die museum is beslis 'n besoek werd."
"Ons was die 2de January daar, meeste restaurante was toe, nie seker of dit vir die dag was of permanent nie. Het heerlike vis en tjips geëet by Klein Plasie, Hengel Klub was oop vir iets kouds vir die keel. "
"Pragtige, stil, baie klein dorpie. 4x4-voertuig is n goeie idee. Kan lekker gaan duine ry. Basiese benodighede kan by die winkeltjie gekoop word. El's Little Piece of Heaven het oulike geskenke. "
"It's a lovely, very quiet sleepy town. With the friendliest of people and great hospitality at the Angling Club! An abundance of interesting seabirds to see."
"Kleinzee is ongelukkig 'n bietjie ver geleë en toegangspaaie is relatief swak. Indien die toegangspad vanaf Port Nolloth verbeter word behoort Kleinsee baie meer toeriste te lok. Pragtige strand en rotspoele. "
"I love Kleinzee. Just make sure to stop at Springbok to buy all the goodies you need beforehand. Not much is open over a long weekend. A lunch at KleinPlaasie was also surprisingly good."
"Die see het opgemaak vir die grondpad. En die Kleinzee-gemeenskap het opgemaak vir enige ongerief. Ek het my naweek baie geniet. Beslis vir avonturiers aan te beveel, maar gemaksoekers moet maar twee keer dink. "
"Die atmosfeer was baie lekker. Die mense vriendelik. Die paaie is rof en die dorp is afgeleë, maar definitief die moeite werd om te besoek. Die see sand is wit en sag. Opvangs was maar vrot op plekke wat dit die perfekte vakansie bestemming maak. "
"Nie die mooiste plek onder die son nie. Die hang af hoekom jy daarnatoe wil gaan. Kleinzee gaan nie elke toeris se voorkeur bestemming wees nie."
"Daar is baie goed om te sien rondom Kleinsee, Portnolloth en Hondeklipbaai."
"Beautiful, peaceful, laid back and friendly town. Truly laid back. Just do your shopping in Springbok!"