Geverifieerde Resensie
Klerksdorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Klerksdorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 231 resensies.
"Flamwood is 'n uitstekende toeristebestemming aangesien daar in 'n omtrek van 5 km genoegsame winkels, restaurante en geriewe is. Ons sal weer in die toekoms blyplek bespreek in daardie omgewing."
"Ligging van die area is goed en naby inkopiesentrums, hospitale, skole en 'n rits restaurante."
"Klerksdorp is aangename dorp maar daar gaan nie veel daaraan nie. Enigste toeriste aantreklikhede is Faan Meintjies Natuurreservaat en Klerksdorp Museum asook 'n paar mooi ou Kerke en die stadsaal. Goeie dorp om een nag oor te bly. Dorp het een Casino (Rio) en winkelsentrum (Matlosana). Gaan soek liewer die teetuine (bv Garden Bridge Lifestyle Centre) vir 'n rustige ete."
"Ek het NAMPO besoek vir twee dae en het 'n goedkoop blyplek gesoek om oor te slaap. Bothaville was vol en Aanwins was beskikbaar en bekostigbaar. Klerksdorp as gasheerdorp tydens NAMPO kan dalk beter bekend gestel word. Dis net 'n bietjie ver van NAMPO af, maar gastehuise aan die suidekant (Bothaville kant) kan dalk beter werk as plekke aan die noordekant (Ventersdorp kant). Gastehuise in Klerksdorp is net baie duur."
"Die tydjie was te kort om rond te ry. Ons was baie verras oor die winkelsentrum - lekker groot en ruim. Sal graag weer daar 'n draai wil gaan maak."
"Was there for hospital reasons, so in general the hospitals, doctors and shopping malls are of the best the North West province has to offer. I will recommend to anyone for these reasons."
"Sou nie juis sê dit is 'n toeristebestemming nie. Wel 'n goeie buurt om te oornag."
"Rede vir ons besoek aan Wilkoppies is dat ons voorheen in Klerksdorp gebly het en by vriende gaan kuier het."
"A laid-back, secure place with lots of lovely restaurants and most importantly close to the pick of Klerksdorp's schools."
"Dit is 'n maklike voorstad om in te beweeg met alle geriewe binne 'n hanteerbare afstand."