Geverifieerde Resensie
Knysna CBD
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Knysna CBD bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 86 resensies.
"Altyd gedink Knysna is 'n bietjie oordoen omdat daar nooit voldoende parkeerplek is nie en te veel bedelaars op die hoeke van die strate. Die malls het egter voldoende parkeerplek en winkels - baie oulik en oorspronklik. Miskien het my siening nou positief geswaai."
"Baie skoon dorp met Waterfront wat besoek kan word. Ons het die Olifantpark besoek en dit was baie goed aangebied deur die aanbieders."
"Knysna is baie gerig op toeriste en die pryse dui dit ook so aan. Uitkyk-punte is 'n moet!"
"The fact that it is one of South Africa's most popular tourist destinations speaks for itself."
"Baie goed, net van die aktiwiteite en dinge wat jy wil doen is duur. Moeite werd om daar vakansie te hou."
"Knysna is mooi, die woude self het ek besoek en dit baie mooi gevind."
"Knysna is 'n pragtige toeristebestemming met heelwat om te sien en te doen in die direkte en omliggende omgewing. Dit is ongelukkig bietjie aan die duur kant aangesien dit baie gewild is onder buitelandse toeriste."
"Knysna se toerisme is definitief in plek. Daarvan kan almal getuig wat die afgelope Oesterfees daar was. Alles werk net reg. Daar is duisende mense maar die verkeer en nooddienste werk net alles reg. En daar is regtig vermaak vir een en almal. En die mense is oor die algemeen baie goed tweetalig. Knysna is reg vir nasionaal en internasionale toeriste. Baie geluk!"
"Beslis 'n besoek werd. Baie om te sien, besoek en te ervaar in Knysna en omliggende omgewing."
"Knysna is pragtig. Ons het kringe in die bos gaan stap, en dit was asemrowend. Pragtige natuurskoon, vriendelike mense, verseker 'n hoogtepunt in ons vakansie."