Coffee Bay
Beskrywing
Hierdie interessante stranddorpie op ons Wildekus is sowat 250 km suid van Durban, en het 'n populasie van ongeveer 600 mense.
Koffiebaai kry waarskynlik sy naam van 'n vragskip vol koffiebone wat in 1863 hier gestrand het. Daar is egter baie ander verhale oor die naam wat die rondte doen, soos dat dit soos 'n cappuccino lyk as die riviere afkom.
Die dorp spog met verskeie blyplekke, kampplekke, restaurante en oulike winkeltjies. Kom herlaai jou batterye in hierdie mooi, rustige vakansieplek.
Loer gerus hieronder deur al die lekke opsies vir akkommodasie.