Verified Reviews
Komatipoort
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Komatipoort
Rated 4 out of 5 based on 123 reviews.
"Te veel honde wat snags blaf, maar dis wat mens kan verwag as mens in 'n dorp tuis gaan."
"Geniet die omgewing terdee net jammer dinge is nie baie wel in Marloth Park nie."
"Nie veel te sien of te doen. Naby om oor te slaap as mens Wildtuin toe wil gaan of Mosambiek toe."
"Hartseer dat daar geen restuarante oop was op Sondae nie (veral oor 'n langnaweek)."
"Komatipoort is 'n veelsydige bestemming vir 'n besoek aan Krugerewildtuin, Swaziland, Mosambiek, asook Komatipoort-omgewing."
"Sommige gastehuise kan bietjie meer borde opsit. Dis soms moeilik om plekke te kry. Veral as 'n mens eers na donker in die dorp aankom. Maak seker om alle belangrike goed in te pak, want die winkels maak vroeg toe/het nie - moes Malelane toe ry vir kos, ens. "
"Die dorp is baie vuil, rommel lê die hele hoofstraat vol, die paaie is vol slaggate. 'n Besoek aan die wildtuin laat jou gelukkig gou vergeet en maak dit die moeite werd. "
"Baie goed geleë vir die Mosambiek grens asook vir die Wildtuin. Ook naby heerlike eetplekke."
"Nie tyd gehad om te verken nie, maar daar is 'n redelike winkelsentrum met 'n groot Spar, naby aan grenspos na Mosambiek asook nie te ver van Swaziland grens af nie."
"Ek is al jare verlief op Komatipoort en by verskeie plekke oornag maar Orchads is die paradys van Komatipoort."
"Vanuit Komatipoort kan je ook naar het Krugerpark. Informeer ernaar bij de eigenaar van de lodge."
"Ideal stopover to a Kruger visit. Could also be a base for longer stays."