Geverifieerde Resensie
Kosmos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kosmos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 54 resensies.
"Die informele nedersetting in Kosmos is 'n seer vir die oog en skep tog 'n veiligheidsrisiko."
"Net jammer van die plakkers in die middel van die woongebied. Dit is uiters afbrekend en 'n mens voel onveilig om daar te ry in die aand."
"Slegs een restaurant, by klubhuis, en die restaurant was nie 'n goeie ondervinding nie."
"Daar was 'n vreeslike groot party by die dam deur die nag wat eers tot einde gekom het die volgende oggend 06:00. Die geraas het getrek tot by die huise in die kompleks en was enigste rede hoekom ek nie weer akkommodasie daar sal oorweeg nie. "
"Persone wat nie ‘n viertrekvoertuig het nie, gaan moontlik sukkel met die steiltes. Uitsig oor die dam is baie mooi."
"Kosmos het ongelukkig baie agteruit gegaan vandat ek in 2004 daar tuis gegaan het."
"Kosmos is 'n sekuritietskompleks op die wal van die Hartebeespoortdam. Dis baie veilig en beeldskoon."
"In Kosmos self is daar geen eetplekke nie - 'n mens moet die veiligheidsarea verlaat om iewers aandete te kry."
"Dit is kommerwekkend om te sien elke tweede eiendom is in die mark. Iets is besig om in die omgewing te gebeur. Die sekuriteit by Kosmos Village was dierbare goeie mense, hulle was baie professioneel en is baie vriendelik en aangename mense."