Verified Reviews
Kuruman
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kuruman
Rated 3.2 out of 5 based on 123 reviews.
"Kuruman het drasties agteruitgegaan sedert ons laaste besoek."
"My bag was stolen out of my car boot, so obviously criminals are watching and one has to be careful. Also roads are extremely bad and the whole town is very dirty. If not for business I would not travel there."
"Dit is 'n baie interessante dorp en omgewing en ons het dit reeds dikwels besoek, maar tans is dit vuil, onversorg en vol slaggate in die paaie. Die aanwysings is onduidelik en naamborde is gesteel of net nie daar nie. Dit voel onveilig om daar te ry."
"Die strate van Kuruman is nie veilig. Hou jou deure gesluit en moenie stop by besige, onveilige plekke."
"Die dorp het baie agteruit gegaan t.o.v jou gevoel van veiligheid, soos baie van ons klein dorpies waar jy kan sien die munisipaliteite spandeer nie hulle geld soos hulle moet nie."
"Kuruman is tans nie in 'n goeie toestand nie, al is dit so 'n belangrike historiese dorp."
"Die dorp is vuil en die inwoners waarsku jou teen motordiefstal en inbrake. Nie die veiligste bestemming nie."
"Shame that the Moffat Mission was closed because someone broke in and vandalised it."
"Kuruman is oor die algemeen 'n vuil dorp met Rommel wat oral in die strate rondlê."
"Baie teleurstellend. Wou na die Oog toe gaan, maar dit is 'n absolute nes. Gras is lank. Leë drankbottels lê gesaai op die gras en van wat ons vanuit die motor kon sien is dit baie vuil. Daar is ook borde op wat jou waarsku dat dit 'n gevaarlike plek is. As iets nie drasties gaan verander nie, gaan Kuruman as 'n toeristebestemming van die kaart afval. "
"Vodacom se netwerk is baie swak deur die hele Kuruman. Ons het vreeslik gesukkel om selfoonsein te kry vir die meerderheid van die tyd wat ons daar was. Baie van die areas is onveilig, so maak seker besprekings vir akkommodasie word in veilige areas gemaak."