Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 13625 resensies.
"Wens die mense kan net hulle eie gemors weggooi en die strand skoon hou. Was hartseer om soveel gemors op die strand te sien."
"Dis ons lekkerbly-vakansieplek, kan sien dit gaan moeilik daar, ons sal aanhou ondersteun."
"Jammer oor die "looting" in Julie 2021, maar ek glo als sal weer tot normaal terugkeer. Strande is mooi en skoon. Meer toeriste kan enige tyd welkom voel om weer terug te keer strande toe. Klimaat in Durban is baie aangenaam om weer te kan gaan besoek."
"Klein maar lekker ou dorpie. Alles wat jy nodig het. Skoon en netjies. Dorp word goed bestuur."
"Die ou dorpie sukkel maar en gaan gebuk onder gebrek aan dienslewering en instandhouding (soos die meeste klein dorpies)."
"Ons het Scottburgh toe gegaan of Toti, strand by Umkomaas onvoldoende vir swem en ook nie tydverdryf soos bv putt-putt, het wel 'n fantastiese Spar, maar bied ongelukkig nie veel nie."
"Destination not quite what is was a number of years ago; definitely has lost some of its magical qualities."
"Lekker strand vir swem, speel en visvang. Genoegsame winkels baie naby. Geen ongeruimdhede terwyl ons daar was."
Sentraal Drakensberge, KwaZulu-Natal
Cathedral Peak Hotel"Wonderkid, maar die paaie het baie aandag nodig."
"As jy wil rustig wees dié beste splek, het 'n heerlike swemstrand. Die lekkerste "fine dining" by CBreeze, en dan jou straat-kafee se vis en tjips in koerant soos van ouds. Beide 'n ervaring wat jy moet beleef"
"Eerste keer weer na 19 jaar daar. Baie verander, maar was nog steeds baie lekker."