Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 13625 resensies.
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Manzini Chalets"Gevaarlike spoedhobbels op pad daarnatoe. Almal is nie geverf soos vereis word deur die wet nie."
"Was beslis die moeite werd. Als is netjies skoon met sekuriteit op die strande. Mens voel veilig en voel of jy in paradys is. Oulike en gerieflike aktiwiteite vir groot en klein. En dit is nie ver uit mekaar nie. Die strande is skoon met pragtige skulpies en maklik bereikbaar. Mens kan jouself weer vind. Gaan beslis weer volgende jaar!!"
"Ek was mal oor die mooi strand en see, dis mooi skoon en jy kan orals swem en selfs op die strand ry en parkeer. Daar is ook 'n klein restaurant op die strand."
St Michael's-on-Sea, KwaZulu-Natal
No 8 Cosmoledo"St Michaels-on-Sea is 'n baie lekker vakansie area met 'n lekker strand, omring deur ander pragtige strande en ook gerieflik naby aan allerhande toeriste aantreklikhede. Daar is soveel plekke om te besoek in daardie pragtige omgewing. Dis 'n perfekte "see-vakansie" gebied!"
"Die besighede in die dorp het baie agteruitgegaan in die afgelope paar jaar en dis moontlik die gevolg van groot inkopiesentrums in die area. Die paaie is baie sleg en vol slaggate."
"Klein plekkie, maar definitief 'n toeriste aantrekking. Heerlike koffiewinkel en sjokolade winkel is 'n moet!"
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Oppi Rotse"'n Netjies dorpie en omgewing met baie potensiaal wat onderbenut word deur plaaslike owerheid. Die oorbeklemtoning van "geen alkohol" is frustrerend want die strande is steeds vol bottels en gemors en werkers lewer oneffektiewe diens. Beskikbaarheid van info oor wat waar gedoen kan word is gebrekkig en teenstrydig, en veral watse lisensies en permitte word benodig en waarvoor. As 'n permit benodig word, dan moet dit beskikbaar wees by die kantoor op die grond en nie 30 km verder nie, bv. hengellisensies word nie uitgereik by Cape Vidal nie maar by poskantoor op St Lucia nie!"
"The town and beaches where clean and all the shops we entered the staff where friendly. The staff at Food Lovers are very helpful and willing to assist. Thank you."
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Villa Mia 11 St Lucia"It would be better if there was Wi-Fi and DSTV."
"Bad weather may result in a lack of entertainment in Ramsgate but weather permitting, the beaches are stunning! "
"Winterton is die sentrum van hierdie toeristestreek. Dit het 'n baie interessante museum. John Weston se gemotoriseerde karavaan waarmee hy en sy gesin honderd jaar gelede deur Afrika na Europa gereis het, staan in die museum. Die kurator en inligtingsbeampte van die museum is baie behulpsaam. 'n Goeie kaart van die hele gebied en al die oorblyplekke is beskikbaar. Winterton is 100 jaar oud, maar steeds 'n mooi dorpie wat goed instand gehou word. Iemand wat nog nie hier was nie, mis iets."
"Ongelukkig kon ons nie op die oomblik enige tyd van die dag by Uvongo strand swem nie agv storms vroeër die jaar."
"Raas verskriklik baie by die hoofstrand in die aande en die mense mors baie by die hoofstrand in die aande. Die strand lyk baie gevaarlik om te wees in die aande. Die dorp self het baie agteruit gegaan oor die jare. Daar is ook nie veel om te doen vir vakansiegangers nie."