Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 13625 resensies.
"Beste plekkie om te besoek oor 'n vakansie. Dit is mooi met 'n stil strand en vriendelike mense."
"Vir 'n persoon wat sukkel om te loop, is dit baie moeilik om op die strand te kom, maar verder is dit 'n lekker strand."
"Veilige area en naby genoeg aan al die hoofroetes en winkels, maar tog ver genoeg om nie te besig te wees nie."
"Please build some places of entertainment e.g park, beach bars, shops. It's a good place but it gets boring!"
"Great town. All amenities are close by. The sea and beach are better than Durban. Lots of rock pools along beaches."
Van Reenens Pass , KwaZulu-Natal
"Ons was ook oorkant The Green Lantern waar die klein kerk is en ons het 'n lekker middagete daar geniet."
"Alles is daar wat jy benodig. Miskien sal 'n Chinese eetplekkie met wegneemetes goed wees, maar verder geen probleem."
"Dis 'n wegsteekdorpie en 'n mens moet gaan kyk om te besef watter juwele daar eintlik is."
Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal
Kwela Lodge"Kommersieel vir 'n stadbewoner en 'n plaas-/buitelewe-atmosfeer vir die res wat stilte soek."
"Toeriste moet liewer van Durban of Margate gebruik maak aangesien dit meer kommersieel is. Winkelspruit is pragtig soos dit is en alles wat ons rustige mense nodig het is daar. "
"Durban Is a place to be when one choose the nice venue around the CBD, not in Bluff. "
"Die infrastuktuur van Sodwanna gaan baie agteruit. Daar word geen onderhoud aan die paaie gedoen nie. Die pad deur die vleiland na die see lyk gehawend."
"Indien u Richardsbaai via die N11 Suid (Suid van Ermelo)tot N2 Noord besoek, maan ons u om uiters versigtig te wees vir die swaar vragmotorverkeer en slaggate. Spoedlokvalle sal u amper in elke sone vind waar die spoedgrens minder as 120km/uur aandui! Richardsbaai oor die algemeen is 'n "vakansiestad" met genoeg avontuur wat in elke behoefte sal voorsien; hetsy 'n stedeling, plaasjapie of reisiger / kranige vakansieganger."
"We have just missed the rush of New Year and our stay was great, convenient and everything was within walking distance."
"Dit sal lekker wees as Margate se swembad reg was om in te swem. Margate se akwarium was ook buite werking. Om Margate 'n beter toeristebestemming te maak, stel ek voor hulle kyk daarna. Ons wil in die water speel, vissies sien ens. Hulle moet die plek weer 'n bietjie opkikker."
"Dit sal gaaf wees as besonderhede van 'n voëlgids verskaf kan word. Ongelukkig, ten spyte van die verkryging van die inligting en nadat reelings met die gids getref is, het die gids nie opgedaag nie. "
"Ek was verbaas oor Kokstad - oral waar ons beweeg het was dit netjies en daar is moderne winkels en geriewe. Ek sal beslis weer die plek besoek."
"Dit is net 'n bietjie ver van groter dorpe af en het ook nie 'n strand naby nie. Jy het beslis vervoer nodig indien jy sou invlieg vanaf die binneland. Jy moet ry na alles toe."
"Die pragtige Blouvlagstrand kry nie te veel besoekers nie, die see is gewoonlik nie koud en ontstuimig nie. Met laaggety is dit redelik veilig om in die getypoel te swem. Ons is nie bewus van enige misdaad op die strand nie. "