Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 13625 resensies.
"Alhoewel ek al baie in die omgewing vakansie gehou het, was hierdie die eerste maal wat ons in Shelly Beach gebly het en is dit duidelik waar die naam vandaan kom! Die strand het 'n verskeidenheid skulpe van alle kleure en groottes! Fantasties vir 'n skulpie-entoesias soos ek! Die strand was ook baie mooi en skoon en is nie so besig soos ander strande nie, alhoewel Shelly Beach nie sy eie swemstrand het nie (sover ek kon agterkom), daar is wel 'n baie mooi tidal pool gewees."
"Oulike dorp met geskiedenis en ou gerestoureerde geboue. Winkels wat aan alle behoeftes voldoen. Vriendelike mense. "
Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal
Logos Guesthouse"Die Cars in the Park byeenkoms is 'n goeie trekpleister vir die gebied."
"Ken nie Winterton se toeristebesienswaardighede nie maar dis sentraal geleë indien jy vandaar die omgewing wil besigtig en beleef waar baie is om te sien en te doen."
"Het al 'n paar keer in Pennington gebly vir vakansie, rustige atmosfeer en nie te besig. "
"This is the first time I have been to Toti since the early 90's. It's a great location to operate as a base to travel both South and North to Durban and beyond. "
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
The Bridge 8"Go on a night drive with bright torches to shine into the trees but be aware that hippos roam the streets at night too."
"Baie sentraal geleë om die Drakensberge te verken en daar is so baie om te sien bv: Cathedral Peak, Champagne Castle, Drakensberg Seunskoor fasiliteite, KZN Natuurpark, weef van wolmatte en nog vele meer."
"Pragtige omgewing met mooiste berge in agtergrond. Die Sanipas is 'n absolute moet. Inwoners uiters vriendelik en behulpsaam. 'n Baie aangename ondervinding."
"Groot verskeidenheid restaurante, was buite-seisoen wat dit lekker gemaak het dat dit nie 'n sirkus was nie. Sal verseker weer in Ballito gaan vakansie hou."
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Kings Palace"Pragtige plek. Rustig en ongerepte natuur was 'n belewenis op sy eie."
"Sentraal vir verskeie gesogte verblyfplekke in die Noordelike Drakensberg."
"Bergville self is 'n klein dorpie maar die mense en plekke om Bergville is awesome."
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Ndiza Lodge and Cabanas"Dit is jammer dat die monding steeds toe is. Dit is baie duidelik dat dit na al die jare 'n negatiewe effek op die ekosisteem het. Die biesies gaan nog die hele meer toegroei as die mens nie ingryp en die monding weer oopmaak nie. Dit is teleurstellend dat die dorp se water nie drinkbaar is nie. Daar is te veel spoedhobbels wat so hoog is dat dit omtrent stoptekens is. Waarom al die vreeslike hobbels? Dis sowaar 'n irriritasie en glad nie "groen" om so baie te moet stop en wegtrek nie. As daar dan jaagduiwels is moet hulle vasgevat word, hoekom moet almal nou gestraf word met die horde ongerieflike hobbels."
"Baie aangename plek en lekker naby aan die snelweg met baie vinnige roetes."
"Palm Beach is out of town and away from the city life rush. Beaches are very private and secure."