Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 13625 resensies.
"Die strande was baie goed gepolisieer en die verkeer beheer! 'n Mens het veilig gevoel omdat geen drank toegelaat was nie en die lewensredders was baie streng met mense wat die see nie respekteer nie! Dis 'n stillerige dorp waar jy kon rus weg van die stadsverkeer! Die nabygeleë mall het darem die meeste winkels as jou geld jou gepla het! Daar is baie om te doen in die omgewing as jy wou rondry! "
"Daar is 'n lekker verskeidenheid winkels in die omtrek sowel as eetplekke wat dit baie gemaklik maak."
"Altyd lekker en ideale strand vir klein kinders. Alle nodige winkels ens. is naby en gerieflik. Dankie tog vir die wasserydienste in Uvongo - dis al die tweede vakansie wat ons wasgoed heerlik skoon gewas en gevou was. "
Pongolapoortdam, KwaZulu-Natal
Jozini Tiger Lodge - Dream Resorts"Dam is prentjiemooi, oor damwal gery. Daar is 'n shopping mall. Nie baie ander dinge om te sien en te doen nie. Baie "rural" omgewing."
"Shelly Beach is an excellent place to be when away from home, because it has everything you need."
"Pennington is 'n lekker stil plekkie, moes ry vir winkelsentrums, strand is baie lekker, rustig en skoon."
"Die getypoel is pragtig en mens kan met veiligheid swem. 'n Trekpleister daar is die seelewe binne-in die poel. Die eetplekke is heerlik, asook die paar winkels wat herdenkings verkoop. "
"Sea Park is 'n baie rustige area, bietjie ver van strande maar anders puik as jy net wil ontspan."
"Shaka's Rock is regtig 'n heerlike vakansie vir gesinne met kinders. Die getypoele is 'n dag se tydverdryf vir die kinders en groot mense kan snorkel en swem."
"Uvongo is still a lovely destination, clean and not too over-crowded. Close to accommodation, shops etc."
"Trafalgar is lovely. Excellent small swimming beach which is a Blue Flag beach. Very nice for swimming. My two kids loved it. Not too busy either which was nice."
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
Forest Lodge"Die beheer en KZN Wildlife kyk mooi na die plek, daar is sekuriteit orals en die dorpie is pragtig. Cape Vidal was een van die beste strande nog waarin ons geswem het, en ons was al by baie strande oor die wêreld."
St. Lucia-riviermonding, KwaZulu-Natal
St.Lucia Holiday Cottages"St Lucia is stunning! Die dierelewe maak dit 'n baie spesiale plek. Die seekoeie loop sommer in die aande in die dorp en gras vreet. Cape Vidal het die lieflikste strand. Definitief 'n plek vir natuurliefhebbers!"
"If you have never been to Umhlanga I suggest make an effort and visit that town. It is such a lovely place to be with it's famous Gateway Mall. All I can tell you is that Umhlanga really rocks, I promise you. "