Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 13625 resensies.
"Pragtige plek. Sal beslis weer kom. Ons tyd was te kort. Ons het tot 'n seekoei en haar kalf een aand in die dorp aangetref. Dit was fantasties!"
"Port Edward is 'n baie netjiese plek en sal weer daar gaan kuier, maar sal seker maak dat dit wat ek voor betaal die moeite werd is."
"Die keer moet ek ongelukkig net twee sterre gee, as gevolg van die vloede was die strande baie vuil. Die lewensredders jaag almal uit die see uit en ons kon die hele week net voete natmaak. Die swemdeel van die strand was redelik skoongemaak, maar hulle wou die mense steeds nie laat swem nie. Die rede, die strande is te vuil om te swem, ek het die idee gekry hulle is moedswillig. Verder geniet ons Amanzimtoti altyd baie."
"St Lucia self het baie agteruit gegaan. Baie winkels het toegemaak, en die krokodilplaas is verwaarloos en kort aandag. Dit was eintlik hartseer om dit te sien."
"Fell in love with it a few months ago, friendliest people and most cosy pubs, on top of our list of retiring towns for sure."
"Love Ballito! Dit is 'n puik toeristebestemming - die staproete en die nabyheid van winkels en restaurante is 'n pluspunt. Jy hoef nie afhanklik van jou motor te wees nie - alles beskikbaar in loopafstand."
"Ons tydsberekening was sleg, inaggenome die vloede en verwoesting, maar ons het steeds lekker gekuier."
"Baie gerieflik en skoon. Naby aan groot sentrum. En verskeidenheid eetplekke om van te kies."