Geverifieerde Resensie
L'Agulhas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in L'Agulhas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 127 resensies.
"Vriendelike inwoners, heerlike kos en 'n paar winkels met unieke voorraad. Pak jou drafskoene of fietse in. Pragtige kuslyn wat kan benut word vir stap, draf of fietsry."
"Loved the coffee shop with all the items to buy. Lovely coastal drive to Struisbaai. My grandson loved going up the lighthouse which is down the road from Pa Nanna's. "
"Dit het baie besiger geword in die vier jaar sedert ons laas daar was, maar daar is genoeg spasie by poele en op Struisbaai se strand dat dit nie beknop raak nie. Ek hou ook van die idee dat mens moet uitry van Bredasdorp af om daar te kom en dit is nie nog 'n kusdorp op die pad wat baie verkeer het wat deurry nie. Dit is heerlik om daar te stap op die geplaveide paadjies en baie veilig."
"L'Agulhas is n pragtige dorpie met heerlike eetplekke, vriendelike mense en baie om te doen. Die strande in die omgewing is asemrowend!"
"'n Besoek aan L'Agulhas is 'n moet, veral die vuurtoring en Waenhuiskrans-grot. Beplan jou besoek sodat jy met laagwater daar is anders kan jy nie toegang tot die grot kry nie. Cape Nature kan gerus 'n plan maak met die verwaarloosde inligtingsborde by die toegangspad na die grot. Tans skep dit 'n baie swak indruk."
"Al die mense wat ons daar teëgekom het is baie vriendelik en dit maak dit baie aangenaam om in die plek rond te beweeg. As jy 'n hengelaar of die kunstige tipe is, is die plek perfek vir jou."
"Ek dink dis 'n uitstekende vakansiebestemming vir veral mense in ons ouderdomsgroep, middeljarig, aangesien jy binne loopafstand van al die winkels en eetplekke is. Dis ook baie kalm en rustig, met die mooiste see-uitsigte en min verkeer."