Geverifieerde Resensie
Lamberts Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lamberts Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1255 resensies.
"Lambertsbaai is 'n heerlike toeristebestemming gaan al vir 27 jaar elke jaar daar vakansie hou."
"Vriendelike dorpsmense, lekkerste slaghuis met heerlike en bekostigbare vleis en ingelegde produkte. Die Spar is groot met heerlike vars groente en vrugte."
"Lambertsbaai was 'n lekker eerste ondervinding. Bird island was 'n interessante ondervinding en Isabellas restaurant het vir 'n vriendelike en gesellige atmosfeer gesorg na die uitstappie, met 'n lieflike uitsig oor die hawe se bedrywighede en Bird island self."
"Ek het as kind grootgeword in hierdie koue water van Lambertsbaai en my hart bly trek terug daarheen."
"We did not explore much, as we went to a family wedding. Family time was our main focus. The quality of the food at three different places was extremely good! Large portions and very tasty! The venue at Bosduif Club was very versatile. We were lucky to have wonderful weather for an outside "kuier". The food was 100% plus! The food at Isabella's was well priced and super tasty. At Melkbosskerm one could eat more than one can consume. Food fresh and tasty. Hosts at all the venues were super friendly."
"Lieflike gasvrye mense in 'n skilderagtige dorpie lekkerste restaurant, Isabellas."
"Lambertsbaai is 'n lekker stil dorpie as jy die vinnige stadslewe wil ontsnap."
"Lekker geëet by Isabellas en Lambertsbaai is 'n skoon, rustige vakansiedorp."
"Ongelukkig het ons die Muisbosskermrestaurant gemis, maar die seekos by Isabella restaurant was heerlik, veral die seafood platter."
"Geniet die "bird island" en Muisbosskerm was fantasties. Lekker eetplekkies en oulike kunsroete."
"Lambertsbaai is ons toerismebestemming. Dis 'n baie stil en rustige dorpie met vriendelike mense. Gaan eet gerus by Isabella's!"
"Die hartjiedorp. Oral hang hartjies gemaak van optelskulpies wat die plaaslike gemeenskap maak vir 'n inkomste. Daar bly vriendelike hartsmense, wat 'n pragtige, skoon en netjiese dorpie."
"Pragtige, skoon, netjiese plekkie, gasvry en vriendelik. Wens ons kon hier kom bly."
"I would recommend Isabella restaurant on the seafront. Waitrons friendly and go out of their way to serve you."