Geverifieerde Resensie
Langebaan
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Langebaan bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1385 resensies.
Longacres Country Landgoed, Langebaan
Long Acres Bahamas Accommodation"We would definitely be going back again when we get a chance. Awesome place, neat and clean and so close to all amenities."
"Langebaan bied 'n verskeidenheid van buitelug aktiwiteite. Vir die wat lief is vir watersport is daar die meer waarop waterski, seil, kanovaart en kajak roei 'n gunsteling is. Vir die wat wil ontvlug en herstel, is daar strand en boot hengel. Die reservaat bied geleentheid vir veilige stap, fietsry en blomme, wild- en voëlkyk. Vir die wat meer op vermaak en sosiale aktiwiteite ingestel is, is daar luukse dorpsverblyf, oordverblyf en restaurante."
"Lekker stil en rustig. Perfek vir 'n wegbreek en om lekker te ontspan. Restaurante is billik en 'n inkopiewinkel net 'n paar minute weg. "
Longacres Country Landgoed, Langebaan
Camelot Cottages"Dit is 'n heerlike plek en ons was geseënd met die veldblomme wat nog geblom het."
"Ons beleef Langebaan as 'n pragtige ontspanne dorpie waar mens sommer net al die lekkertes wat dit bied, stadig kan geniet."
Longacres Country Landgoed, Langebaan
Long Acres Bahamas Accommodation"Niks regtig om oor te kla nie!"
"Baie mooi area en naby aan die Weskus Nasionale Park waar ons 'n magdom van blomme net duskant die hek gesien het!"
"Pragtige dorp, goed geleë vir 'n besoek aan die Weskus Park en ander besienswaardighede in die omgewing. "
"Ons het Mariaan in kennis gestel dat die beddens in die tweede kamer baie sagte matrasse gehad het en ook dat in 1 'n duik was, wat sleg kan wees vir sommige mense wat probleme het met hulle rug, soos my ma. Ek hoop dat daai terugvoering van waarde vir haar is vir die toekoms."
"Langebaan as dorp vertoon baie netjies en skoon. Daar kan egter meer gedoen word om alle strate duidelik van straatname te voorsien. Ons moes 'n paar keer navraag doen omtrent die roete wat ons moes volg om by ons bestemming te kom. Aangesien ek hardhorend is, maak ek nie van GPS gebruik nie, en moet ek basies my instink volg om ons bestemming te kon kry."