Geverifieerde Resensie
Lanseria
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lanseria bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 26 resensies.
"Ek maak eerder van Lanseria gebruik as dit moontlik is vir binnelandse vlugte i.p.v. O.R. Tambo."
"Ek sien daar is baie verbouiings en vermoed hulle reik na hoër internasionale status. Alhoewel dit as internasionale lughawe bemark word. Is dit in my opinie nog nie op standaard nie. Byvoorbeeld te min fasiliteite vir verversings (geen fasiliteite vir 'n laat aankoms nie), die loop na die huurmotorfasiliteite snags is donker en ver ('n paar spreiligte kan die ding doen). Personeel is vriendelik en behulpsaam en die voorsiening van koffie en tee, tydskrifte en koerant (gratis) in die waglokaal voor die vlug (dagvlug) is 'n welkome byvoordeel."
"Dis die perfekte plek as jy 'n wegbreek van alles en almal af soek."
"Ek dink mens bly net daar as jy naby die lughawe wil wees. Het onveilig gevoel. Maar ideaal as jy naby die lughawe wil bly."
"Lanseria is die ideale lughawe om op te land veral met ouer mense en ook indien jy rolstoel bystand nodig het. Dit is net soveel meer gerieflik en almal is uiters hulpvaardig. "
"Het ongelukkig net oorgeslaap en nie veel rondbeweeg nie. Sal dit volgende keer probeer."
"Great for a person looking to spend some tranquil time. It's a breath of fresh air."
"Die assistent kok het nie geweet hoe om spek gaar te maak nie, dit was rou, wors was ook nie gaar nie en kon ook nie perculated koffie maak nie. Koffie beker vol moer gekry. Maar het baie lekker gebly. "
"Sekerlik nie 'n plek om jou jaarlikse vakansie te hou nie, maar vir oorslaap vir 'n sakebesoek of soos in ons geval 'n troue te vêr van ons huis om terug te ry sal ek regtig aanbeveel."
"Dis 'n lekker wegbreekbestemming waar bome en bos is, en die sterre mooi in die aand uitgebeeld word."
"Die verblyf kan verseker aanbeveel word weens die ligging, ontspanne atmosfeer en verskeie aktiwiteite wat van daar gedoen en ervaar kan word."
"Hills and Dales is gerieflik naby aan Lanseria. Voornemende gaste moet net paraat wees vir "smash and grabbers" indien hulle in die aand op die R512 na Lanseria reis."
"Nie te ver om te ry nie, maar ver genoeg om nie meer deel te wees van die stadsgewoel nie."
"Close to the airport and Sandton - loved it. Easy traffic. Lanseria is a beautiful holiday destination"
"Te kort verblyf om kommentaar te regverdig. Nie eie voertuig gehad nie - met Uber gereis."
"Stornoway Lodge en Maggie's Farm maak vir 'n prettige dag uit met kinders. "
"Ek sal in die toekoms net van Lanseria af vlieg na ander bestemmings in SA. Rustige atmosfeer, maklike verkeer tot en van daar, naby aan Pretoria."
"Gerieflik naby lughawe sonder die verkeer na OR Thambo. "