Geverifieerde Resensie
Leeupoort Vakansiedorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Leeupoort Vakansiedorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 241 resensies.
"As jy 'n natuur en wilde diere liefhebber is, is hierdie die paradys! Toevallig op hierdie een afgekom. Spyt ek het nie jare gelede al geweet van Leeupoort nie. Ek sal definitief terug gaan."
"Ruwe, rowwe bosveld, sonder tierlantyntjies en pretensie. As totale stilte en kontak met diere jou hart laat vinniger klop, sal jy moeilik Leeupoort kan klop. Vir 'n ou wat weelde en gekartelde slaaiblare verkies, is Leeupoort nie 'n toepaslike opsie nie. "
"Die dorpie is ongelooflik en die mense is supervriendelik. Ek het sommer besluit ek wil eendag daar gaan aftree."
"'n Ideale wegbreek bestemming in n 'pragtige bosveld omgewing en volop wild. Goed instand gehoue paaie maklik rybaar met enige sedan motor."
"Lekker atmosfeer. Goed om uit te rus en uitstekend vir wild beaming. Permanente inwoners nie altyd die vriendelikste klomp nie maar nie te min het ons heel lekker gekuier en gerus. Braai, wild en son. Beste resep."
"Dit is 'n skoon netjiese dorpie met goeie sekuriteit en vriendelike mense. Ons het ten alle tye veilig en welkom gevoel. "
"Ons het verdwaal in die nag omrede ons nie die strate kon sien nie. Sal ook aanbeveel dat die sleutel afgehaal word op 'n sentrale punt naby die hek."
"Baie mooi plek waar jy kan ontspan en vergeet van alles. Die mense is ook baie vriendelik. Leeupoort sal ons vir seker weer sien."
"Baie veilige area. Vandat mens by die sekuriteitshek aankom, kry jy net met vriendelike en behulpsame mense te doen."
"Wonderful walks. It would be nice if there was a a map for the reserve especially if you want to walk through it. Restaurant was good value for money."
"Nice place and atmosphere, but the house we stayed in needs serious attention."
"Die natuurreservaat se paaie is erg klipperig en die pad in slote verspoel soos mens inry. Ons VW Touran het maar 'n paar keer lekker geskuur, so ons het maar net een maal in die reservaat gaan ry en toe ander dae tussen die uitbreidings om diere te kyk. Miskien kan die slote dalk met klippe opgevul word of grys gegooi word net sodat mens met 'n normale voertuig gemaklik in en uit die park kan kom. Verder is die mense almal baie vriendelik en behulpsaam. Pragtige netjiese dorpie!"
"Die Saterdag was daar 'n klein markie gewees, nogal oulik. Voor die hoofingang is haar 'n baie lekker restaurant en winkel met die nodige goed in."