Geverifieerde Resensie
Linkside
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Linkside bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 12 resensies.
"Linkside is 'n stil, gevestigde area van Mosselbaai. Alhoewel daar nie winkels in die area is nie siende dat dit 'n woonbuurt is, is basiese winkels en winkelsentrums minder as 5 minute weg. Dis geleë op 'n heuwel met 'n uitsig oor Mosselbaai en dié se hawe, met 'n koel, suidelike wind wat gereeld waai uit die Punt se rigting."
"Linkside is goeie ligging, alhoewel dit nie naby aan strand is nie, maar ons het nie vir swem doeleindes gekom nie."
"Dit is pragtige rustige en veilige gedeelte van Mosselbaai. En nog steeds baie sentraal aan alles."