Geverifieerde Resensie
Loerie
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Loerie bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 7 resensies.
"Kan nie regtig kommentaar lewer op die vraag nie, want ons was nie tot by Loerie nie. Die omgewing wat ons beleef het, sal egter enige natuurliefhebber se hart verbly."
"Loerie is 'n klein plattelandse dorpie wat nie tans al mens se behoeftes kan dek nie, jy moet uitry Jeffreysbaai toe vir 'n groter verskeidenheid, wat tog net 30 km weg is. "
"Ons het nog nooit sulke vriendelike mense ontmoet nie. Ons was verstom. Waar ons ookal gestop het of ingegaan het was ons soos langverlore familie behandel. Merkwaardig!!"
"Loerie is 'n klein dorpie en vol vriendelike mense. Daar is 'n pragtige kerk en die Bravo koffiewinkel is 'n moet, want dit voel soos huis. Jy gaan om lekker te gesels met Alet en om haar voortreflike kos te geniet en "crafts". Moenie net beplan vir vinnige koffie nie. As jy wil haastig wees gaan terug stad toe. Wou graag by die Loerie dam gaan rondkyk het, maar tyd het ons gevang omdat ek so lekker kon slaap. Die area het groot potensiaal, weet die nartjiefees is daar in Oktober. 'n Goeie tyd om weer daar te gaan inloer."