Geverifieerde Resensie
Loskop Valley
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Loskop Valley bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 202 resensies.
"Omgewing baie mooi. Die dorp self en veral die middedorp lyk gehawend. SAPS was baie gaaf om rigting aan te wys."
"Pragtige plekke en die Oppi Stoep Winkel beskik oor alles en nog wat en hulle produkte is vars."
"Paaie kan duideliker gemerk word soos bv. die afdraai v/d Stofbergpad na die N1 Middelburg."
"Dit is baie mooi by Kranspoort en pragtige bosveld. Daar is baie stapplek en die gholfbaan sal ook vir baie 'n aantreklikheid wees. Dit is baie mooi as die wild so tussen die huise deur beweeg en mens sien regtig baie meer tussen die huise as op die wildrit. Die nabygeleë Loskopdam is ook die moeite werd om te besoek, veral as jy 'n hengelaar is. So ook die Loskopdam Natuurreservaat. Beslis 'n rit werd."
"Kan gerus meer besienswaardighede in die dorp aanbring. Die dorp self het my glad nie beïndruk."
"Vrugtestalletjies langs die pad het heerlike vrugte verkoop. Daar is genoeg winkels om in alle behoeftes te voorsien."
"In die dorp self is genoeg te doen vir mense wat winkels soek, maar as die natuur jou ding is, is daar genoeg pragtige vakansieplekke in die omgewing."
"Oulikke, skoon dorpie met pragtige plase in die omgewing. Ek wou graag nog die dam ook gaan besoek het."