Geverifieerde Resensie
Loxton
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Loxton bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 86 resensies.
"Loxton is 'n tipiese plattelandse, piepklein dorpie in die Groot-Karoo! Die aanbied van 'n parkrun (5 km) op Saterdagoggende is 'n aanwins vir Loxton."
"Stofstreep deur die Karoo a.g.v omgedolwe paaie en baie verwaarloos voorgekom as gevolg daarvan. Ons was teleurgesteld na almal se romantisering van dié dorpie. Moenie as toeris op 'n Sondag daar aankom en enige lewe vind nie. Kon nie eens iewers 'n openbare toilet vind nie. Omgewing was vreeslik droog, maar dis winter en verstaanbaar onder die omstandighede."
"Loxton appears to be a pretty town. There were quite a few accommodations offered."
"Ons was daar en daar was geen ander geriewe tot ons beskikking in die dorp nie, alles was gesluit, maar ek glo COVID het ook groot rol gespeel."
"Ek het 'n anderste liefde vir die "niks" van die Karoo. Loxton het die res van die Karoo se standaarde hoër gestel met hulle skoon dorpie, en ongelooflike vriendelike mensies."
"If you are looking for peace, tranquility and a place to catch your breath in the Great Karoo, Loxton is the place. The tree lined streets are a beautiful feature of the area."
"Dis 'n pragtige dorpie waar die inwoners sommer self inspring en dinge netjies hou. Ons het lekker by die Rooi granaat middagete geniet."
"'n Oase-dorpie waar 'n mens weer jouself kan vind en besef waaroor die lewe eindelik gaan."