Geverifieerde Resensie
Lydenburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Lydenburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.6 uit 5 gekry volgens 175 resensies.
"Vanuit Lydenburg is het redelijk eenvoudig om alle hoogtepunten te bereiken, zoals de drie rondavels en diverse watervallen."
"Paaie in Lydenburg is baie sleg! Die deurpaaie is rybaar maar het slaggate."
"Die dorp se paaie is in baie slegte toestand. Ons hou van die winkels en het heerlik by Ocean Basket geëet. "
"Baie klein dorpie. Dink die omgewing is baie nice vir diegene wat sport (fietsry, hardloop etc) wil doen. Naby Dullstroom, wat 'n lekker kuierplekkie is, en dan ook naby Sabie, Hazyview vir die wat hou van natuur. "
"The town was not as I remembered it from 15 years ago. The roads is falling apart, and half of the traffic consists of heavy transport vehicles and trucks. Still the staff in the shops was very friendly and helpful. The citizen of the town made us feel welcome everyday. "
"Die paaie in Mpumalanga in die algemeen is in 'n baie swak toestand. Dit is basies die enigste negatiewe kommentaar wat ek kan lewer."
"Die dorp self word nie geonderhou nie, een groot slaggat. Maar dis 'n baie mooi area. "
"Een fantastiese dorp. Die enigste negatiewe kommentaar is die slegte paaie in die omgewing."
"Die potholes is nogal erg, so indien mens 'n bakkie het is dit beter om daarmee te reis. Die pad na Sabie was heel goed gewees. "
"Die pad vanaf Dullstroom na Lydenburg is baie sleg en die pad deur Lydenburg is wel besaai met slaggate. Ry versigtig."
"Omgewing is pragtig, een klagte sal ek sê is die swak toestand van die paaie in die dorp Lydenburg."
"'n Paar mooi plekke, maar die dorp het baie agteruit gegaan. Die paaie is vol slaggate. "
"Vreeslike verkeer in die CBD, maar winkels waar 'n mens alles kan kry wat jy soek. Die pad van Dullstroom se kant af is egter baie sleg en baie slaggate. Dis nie lekker nie, en onveilig."