Geverifieerde Resensie
Magaliesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Magaliesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 137 resensies.
"There is a lot to do if you know where to go. It is best to do research about the area before you go there. Unless you are like us and love exploring and finding new places."
"'n Mens hoef nie lang afstande te ry vanaf Pretoria of Johannesburg om 'n plattelandse gevoel naby die stad te ervaar nie. Genoeg fasiliteite om in 'n rustige omgewing met sy pragtige natuurskoon te ontspan."
"Pragtige gebied met sy bome en berge. Baie besienswaardighede en eetplekke in omgewing. "
"Dit bied alles vir die toeris en die plaaslike inwoners. Genoeg besienswaardighede en genoeg aktiwteite om enigeen vir 'n lang tyd besig te hou en om aan elkeen se behoeftes te voldoen."
"Black Horse Brewery is 'n moet, maar moet nie verwag om gehelp te word sonder 'n bespreking nie. "
"Sal beslis weer Magaliesburg besoek. Ons hou baie van die plek en dit is 60 km van Johannesburg af"
"Pragtige gebied. Spar in Magaliesburg is uitstekend, goeie bakkery sowel as groente en vrugte is vars. Vleisgedeelte baie goed en pryse baie billik. Dankie vir LekkeSlaap wat my bespreking so goed hanteer het."
"A beautiful little piece of heaven on earth with all the gorgeous mountains, fauna and flora. A wonderful getaway from the busy life of the city."
"Dit is altyd lekker daar, nie ver om te ry en 'n verskeidenheid plekke waar 'n mens kan bly."
"Pragtige toeriste-bestemming. Veral as mens na aan die natuur wil wees en net wil rus en weer mens word. Wieg van die Mensdom is 'n besliste moet!"