Geverifieerde Resensie
Magoebaskloof
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Magoebaskloof bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 649 resensies.
"Welig, die plantegroei is nog fantasties en al gaan die res van die land gebukkend onder droogte is Magoebaskloof pragtig. "
George's Vallei, Magoebaskloof
The Herb Cottage"Dit is een van die mooiste prag en praal in Suid-Afrika!"
"Hanertsburg is regtig 'n pragtige dorp en almal baie gasvry met die mooiste natuur so teen die berge, was al voorheen daar met Asaleafees asook Kersiefees en dit bly asemrowend mooi met interessante winkeltjies en is dit 'n moet om altyd eerste week in Oktober na hul Asaleafees/Kersiefees te gaan asook dwarsdeur die jaar! Pragtige gastehuise en ons verblyf was puik. "
"Meer besienswaardighede en inligting oor die plekke rondom wanneer jy in daardie omgewing graag wil gaan besigtig. Selfs soos inligting oor interessante plekke en die gebeurtenisse bv geskiedenis sal puik wees. "
"Haenertsburg is an unusually beautiful, spiritual town with wonderful energy. One feels rejuvenated after spending time in this picturesque town. The shops and the locals all add to the enjoyment of being there."
"Dit was ongelooflik lekker en mooi. Sal alle mense aanbeveel om daar te gaan draai."
"Breathtakingly beautiful... So much to see, do, eat and experience... "
"Magoebaskloof is verseker vir die natuurliefhebber, wat eerder wil ontspan, wil stap of fietsry of so bietjie wil visvang. Natuurlik is dit 'n absolute moet vir motorfietsryers, want die baie skerp draaie sal verseker sorg vir 'n groot glimlag op jou gesig. Dit is 'n area wat ek gereeld sal wil besoek."
"Magoebaskloof is altyd 'n lus vir die oog. Die tropiese gebied en aangename weer met mis en reën op die berge saam met 'n kaggelvuur is net die regte ding vir die siel. Dit is een van die mooiste gebiede in die Limpopo."
"Daar is verskeie aktiwiteite vir die adrenalienverslaafdes. Die natuurskoon is ongelooflik mooi."
"Ons was by die Canopy Tours. Baie goeie ontspanning en gidse."
"Asemrowende natuurskoon - wanneer dit mistig is of wanneer die son skyn. Daar is orals heerlike grondpaadjies om te ry. Minki's coffee shop and Deli in Haenertsburg en Yum Yum Deli in Tzaneen is baie lekker."
"Magoebaskloof is 'n wonderlike bestemming en meer mense moet soontoe gaan. Dis rustig en mooi en die mense is baie vriendelik en die kos is ongelooflik lekker!"
"'n Naweek is net te kort, buiten die pragtige groen natuurskoon is daar verskeie interessante winkeltjies in die dorp en omgewing wat ons graag sou wou besoek. Volgende keer bly ons so ekstra dag of twee."
"'n Mooi bestemming met heelwat om te doen en te sien. Dit word bewoon deur vriendelike en hulpvaardige mense."