Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5062 resensies.
"Peaceful location. If want to get away from the busy city life to have a peace of mind and clean air, I would recommend you visit Clocolan."
"Dit was altyd vir my 'n halfweghuis na die Katse Dam asook Semonkong by die Maletsenyane-waterval asook die voormalige toeriste kantoor in Ladybrand. "
"Fantastiese dorpie; skoon en netjies; vriendelike mense; baie te doen; kan `n week daar bly; sal weer teruggaan!"
"Clarens is baie mooi, rustig, veilig en bied kwaliteit en waarde vir besoekers enige tyd van die jaar."
"Nog altyd verlief op Clarens, weereens glad nie teleurgestel nie, dit raak net beter!"
"Die motorfietsbendes moet verkieslik die dorp verbied word, hulle is van hanekraai af al raserig! Alles is bekostigbaar en die eetplekkies is heerlik. ‘n Heerlike plekkie vir ‘n naweek!"
"Juweel van die Vrystaat. 'n Baie lekker bestemming om oor 'n naweek te besoek."
"Goeie wegbreek opsie uit Johannesburg. Mens kan gaan stap, fietsry en die dorpie se kunswinkeltjies en restaurantjies besoek, so daar's heelwat om te doen as jy van 'n rustige wegbreek hou."
"Short visit to Clarens. Spent an afternoon there driving around the town and enjoyed a visit to one or two art galleries/shops."
"Die natuurskoon is asemrowend en daar is baie plekkies in die dorp om te eet of iets te drink. Die meeste grondpaaie laat mens terug dink aan die goeie ou dae en dis uiters aangenaam om deur die strate te gaan stap."
"Pragtige plekkie met die langsaamheid van 'n troue plattelandse dorp te midde van die gewoel van die Kersiefees. Hier word rus in hoofletters geskryf. "
"Ladybrand is pragtig en lyk na 'n rustige dorp. Dit is by die Lesothogrens. Ons het dit terdeë geniet."
"Clarens is a lovely city that has a lot to offer: interesting shops, good restaurants and the Golden Gate National Park is nearby and is lovely for hiking. "
"Dit is altyd lekker in Clarens ongeag die weer. Die winkels. Die eetplekke. Die stilte in die aand. Hier kan jy wegkom van stads geraas."
"Pragtige, lieflike en rustige dorp, vriendelike mense, heerlike restaurante en daar is baie om te doen."
"Die dorpie is oorbevolk en die paaie is verwaarloos. Ek sal dit gebruik om te oornag op pad Lesotho toe of om feeste by te woon."
"99% van die restaurante en kuierplekke maak teen 21:00 oor 'n naweek toe. Anders is dit 'n baie mooi plek en nie ver om te ry nie."