Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5062 resensies.
"Vir die reisiger wat kuns waardeer en daarvan hou om uit te eet. Vir die wat van avontuur hou en die buitelewe waardeer is daar ook geleenthede. "
"Baie oulike en "quaint" dorpie met die heerlikste hoekies en eetplekke. Oorvloed kuns en karakter."
"Dit is 'n pragtige dorp met baie om te doen, veral as jy 'n kunsliefhebber is. Die berge is ongelooflik. "
"Dis pragtig, baie om te doen, lekker eetplekke, ontspannend, veilige omgewing, die mense is vriendelik, genoeg plekkies vir die vrou om te shop en heelwat dinge vir die manne. Ek gaan verseker so gou moontlik terug."
"Vriendelike omgewing, beslis familie- en dierevriendelik. Fantastiese diens gehad by Highlander vir etes en al die klein winkeltjies en kunsgalerye was vriendelik. Sal beslis weer gaan. Mooi skoon dorp."
"Ficksburg besoek, dit was eens 'n juweel, maar soos meeste dinge in ons land is die spoor van verwaarlosing duidelik sigbaar, maar steeds 'n lekker plek, veral in kersietyd."
"Clarens is een van die juweeldorpies in Suid Afrika. Dis nie te ver van die stad af nie, maar tog voel jy of jy jouself in 'n Europese dorpie tussen die berge bevind. Die koue is deel van die spesiaal van Clarens en restaurante is ook so ingerig met kaggels en komberse. Daar is baie te koop van kuns tot badsout. Daar kom ook deesdae al hoe meer plekke wat geskik is vir kinders met speelareas - dit was vroeër nie die geval nie, en ek sal selfs meer kindervriendelike plekke verwelkom. Jy moet gereed wees vir die "slow life" gevoel van Clarens en niks is gejaag nie. Sit terug en geniet die kuns en die mense in die oulike klein dorpie."
"Die dorpie is in 'n pragtige area maar moet nie veel meer as 'n klein dorpie verwag nie."
"Cute little town with all the restaurants you could ever need on a weekend away. It is situated 20 km from Golden Gate which is great for those who enjoy hiking. Be aware that it gets incredibly busy on long weekends and you should book in advance. "
"Die dorpe gaan effens agteruit, maar dit bly steeds ideaal vir die oornagdoel omdat dit nie so gejaagd is soos die eintlike toerisbestemmingsplekke nie. Dit skep tog nog die plaasdorp-atmosfeer en laat toe om nog rond te stap tussen die restuarantjies. "
"Clarens is a real gem. A perfect place to relax from the busy city life but also plenty to do. "
"Ek wens ons kon elke naweek daar deurbring. Baie ontspannend en genoeg om te doen op 'n naweek."