Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5062 resensies.
"Enigste negatief is dat Clarens so klein is soos die fotos beduie en dit beteken dat as die ouens jou waarsku dat jy moet inkopies doen in Bethlehem, dan joke hulle nie. Net die bare basics beskikbaar in Clarens - wat beteken jou braai gaan teleurstel tensy jy vleis saam bring. Lekker geëet - maar die meeste winkels is bietjie duur met min om jou besig te hou na die eerste oggend se stappie."
"Ons was baie beïndruk met Clarens. Baie om te doen. Sal definitief weer gaan. "
"Beautiful place to visit. Lots of spectacular landscapes and walks in the National Park. Quaint little town."
"Maak seker jy kry wat jy nodig het vooraf, Clarens is relatief duur. Vleis is nogal goedkoop."
"Dis 'n pragtige dorpie en ek maak 'n punt daarvan om minstens een keer per jaar Clarens te besoek! "
"Uitsonderlike natuurskoon tussen vriendelike mense. Ons het ook baie veilig gevoel. "
"Eclectic, friendly, interesting destination. Definitely worth a visit - but I would suggest a bit longer than one night! I definitely would like to go back an experience more."
"Was ons eerste besoek en was aangenaam verras met al die oulike winkels en slaghuis."
"Clarens is een van die min oorblywende bestemmings wat nog nie geheel en al gekommersialiseer is nie. Ongelukkig het die Ugly Duckling franchise wat volop in die Midlands is, ook in Clarens kop uitgesteek, en bederf beslis die atmosfeer van hierdie juweel van 'n bestemming met al sy tuisnywerhede, interessante winkels en kunsgalerye."
"Clarens is a wonderful little town with a lot to offer and beautiful scenery. It is somewhat expensive."
"Clarens is 'n pragtige dorpie met al die kunswinkels en lekker eetplekke. Dit is beslis die moeite werd om Clarens te besoek."
"Sal weer én weer én nog 'n keer daar wil kuier! 'n Plek waar jy baie mense ontmoet en nuwe vriende bou!"
"Clarens het baie verander oor die jare, as 'n baie populêre toeristebestemming. Die dorp besit nog steeds een van die lekkerste ervarings van klein kunstenaarsdorpies waaraan 'n mens kan dink. As gevolg van die baie hoë volume besoekers oor naweke, dink ek sukkel sekere ondernemings met die toeneming en dienslewering lei daaronder - veral by sekere klein koffiewinkels en restaurante. Clarens is uniek en ons sal weer die dorp besoek!"
"Clarens is 'n rustige kunstenaarsdorpie met baie eet- en drinkplekke met die allerpragtige kuns en ander snuisterye om te koop. Die berge na Golden Gate se kant toe is iets om nie te mis nie. Beslis die moeite werd vir 'n rustige wegbreek in die natuur."