Geverifieerde Resensie
Manaba Beach
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Manaba Beach bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 210 resensies.
"Dit voel soos 'n redelike veilige area om vakansie te hou en ons kon lekker gaan stap vroegoggend voor die wind waai. Ongelooflike mooi see-area en binne loopafstand vanaf Uvongo en Margate se strand. Dit was altyd 'n gunsteling en sal altyd wees!"
"Lucien strand het minder wind gehad as Margate strand en was loopafstand van Sue Casa 4 af. "
"It's quiet, beautiful and peaceful. We sighted dolphins and whales almost every day. Very short distances to wherever one would like to go to. Agency, management and owner were very professional."
"Alles wat ons nodig gehad het was daar. Sal baie beslis weer bespreek in daardie omgewing."
"Manaba strand word netjies onderhou. Mr Naidoo is vroeg oggend daar met die lewensredders en maak die gebied skoon en hark. Lilliecrona-boulevard is 'n awesome straat ook. Lekker vir stap, draf of fietsry."
"Die enigste probleem is die verkeer. Om by die hoofpad aan te sluit is tydsaam, veral as `n mens wil noord draai in die hoofpad in. Jy moet lank wag vir `n veilige geleentheid om oor te ry en in te draai."
"Very nice, quiet area, just the place you would want to go to relax and unwind. Just a pity about the ongoing water problem, prospective holiday makers have to be told of this problem, so that they can make alternative holiday arrangements elsewhere."
"Manaba strand was stapafstand en baie netjies en skoon met skoon toilette. Baie lekker swemstrand."
"Ons gunsteling vakansiedorp aan die Natalse Suidkus. Ongelukkig is die paaie net vol slaggate."