Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2726 resensies.
"Pragtig tropies, die strand is mooi skoon en veilig, maar die mooi omgewing word versuur deur die strooi van vullis langs die strate en die paaie kort aandag."
"Vir almal. Die een wat nog nie daar gaan vakansie hou het nie, was nog nie met vakansie nie."
"Uvongo was incredible. We enjoyed the activities present and also how convenient restaurants were available. There were multiple stores near. Only issue was unreported road blocks in order to enter the establishment."
"Netjies, skoon en veilig, bly net weg op vakansiedae, dan raak dit heeltemal onveilig en overcrowded."
"Daar is niks vir jonger kinders om te doen, jy moet Wild Coast Sun toe ry om iets te kan doen."
"Die strand en omgewing was vreeslik bemors met vullis en glasstukke na die nuwe jaar vieringe en het definitiewe gevaar ingehou om te besoek."
"Moenie die eerste dag van nuwe jaar daar wees nie. Die strate is vol taxis en jy kan skaars ry."
"Dit is een van die lekkerste strande waar ek nog gekuier het. Als is daar."
"Uvongo is beautiful. Owners of holiday units need to personally ensure that their units are in a condition worth the money they charge."
"Die hoogseisoen in Desember is nie die ideale tyd om te gaan as jy stilte soek nie. Die swemstrand was oorval deur mense op tweede Kersdag en hulle het die plek bemors. Die verkeer aan die Suidkus is ook baie besig in Desember en mens kan skaars winkels toe gaan."
"Baie lekker dorpie, maar sal in die toekoms voorsorg moet tref tot nuwejaarsdag. Meeste restaurante en eetplekke was toe, die verkeer was chaos met absoluut geen verkeersbeamptes of verkeer regulering nie."
"Kan dalk waaiers in kamer sit. Waarsku die mense van die geraas oor die nuwe jaar se tydperk, met al die mense wat aangery word om strand toe te kom, wat drankbottels stukkend gooi teen die mure."
"Die plek gaan agteruit wat netheid betref - die strate was vol papiere. Vol punte aan die polisie en sekuriteits-instellings. Hulle was heeltyd sigbaar en aktief besig."
"Baie lekker toerismebestemming, behalwe sommige strande regtig oorvol en nuwejaar was Uvongo se verkeer verskriklik besig gewees."
"Die area beskik oor genoeg winkels maar die verkeer is aaklig. Die verkeersligte is 'n gemors."
"Uvongo is 'n spesiale klein dorpie met weggesteekte strandjies hier en daar waar mens ook lekker op die rotse kan gaan klim en klouter. Rondom Uvongo is daar ook heelwat dinge om te doen en plekkies om te besoek. Dit is net ongelooflik besig oor die Feesseisoen."