Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2726 resensies.
"Margate is altyd lekker! Ongelukkig was ons slaap maar min met die nagklubs wat tot soggens 4:00 lawaai. Die mense in die strate, tydens nagklubure neem nie in ag dat ander vakansiegangers moontlik 'n goeie nagrus benodig nie. Veiligheid saans is ook 'n kommer. "
"Die wind het baie gewaai, maar ons het steeds geswem in die koue en het sie strand geniet!"
"Die hoofstrand is onbegaanbaar meeste van die tyd en ons is glad nie in kennis gestel daarvan nie!"
"Ek dink die swemstand is baie klein en daar is nie stap geleentheid op die strand nie."
"Close to Shelly Beach and Margate and easily accessible from Highway. Good Police presence in area and enough car guards when you are at any of the beaches. Nice friendly Spar. German Restaurant at St Michael's worth visiting - good service and food and reasonably priced. Toilets on Beach need attention if you compare this with Marina Beach. "
"There's just something special about the atmosphere, as has been for years. Always my favourite beach."
"Dis nie sleg nie, maar vir enige ander aktiwiteite moet jy uitry, dis nie loopafstand nie."
"Margate strand self se golwe is baie hoog, maak dit moeilik vir kinders om te swem in die see. Kinders het in stroompies of lagoon geswem waar daar oop drade en vuilgoed was. "
"Wens net hulle kan al die glasstukke optel wat op die strand lê. Strand is mooi oor die algemeen maar asb. daai glasstukke maak dit 'n probleem vir n mens om die strand te geniet."
"St Michaels-on-Sea is 'n baie lekker vakansie area met 'n lekker strand, omring deur ander pragtige strande en ook gerieflik naby aan allerhande toeriste aantreklikhede. Daar is soveel plekke om te besoek in daardie pragtige omgewing. Dis 'n perfekte "see-vakansie" gebied!"
"Die besighede in die dorp het baie agteruitgegaan in die afgelope paar jaar en dis moontlik die gevolg van groot inkopiesentrums in die area. Die paaie is baie sleg en vol slaggate."
"Ongelukkig kon ons nie op die oomblik enige tyd van die dag by Uvongo strand swem nie agv storms vroeër die jaar."