Geverifieerde Resensie
Margate
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Margate bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2726 resensies.
"Uvongo looks safe. It feels so too! It is clean, all round. Locals are welcoming and helpful."
"Shelly Beach is 'n pragtige stranddorpie met al die nodige winkels om jou verblyf so gemaklik moontlik te maak."
"Uvongo is sentraal en al die plekke is maklik bereikbaar. Ons hou van Uvongo!"
"Margate het redelik baie agteruit gegaan die laaste paar jaar. Wat dit wel (volgens my) red is die beter, stiller en skoner strande rondom, soos Ramsgate en Marina Beach."
"Die hoofstraat is baie beknop met min of geen parkeerplek. Daar is amper niks om te doen wanneer dit reën nie."
"Margate se eetplekke is goed geleë en lewer goeie waarde vir geld. Veiligheid is goed en strand was skoon daagliks. Baie besienswaardighede. Sal definitief Margate weer besoek."
"Baie besig in Desember, maar dit is heerlik. Baie lekker swemstrand en lagune, asook groot seeswembad met grasperk. Ons het dit baie geniet."
"Nie baie besienswaardighede nie, maar 'n baie rustig plek, vriendelike mense. 'n Heerlike plek om te rus, maar ook genoeg afleiding omdat dit naby groot strande is. Sal enige tyd weer soontoe gaan."
"Die toegangspad is 'n probleem met die nuwe winkelsentrum. Baie besig voel of jy die N1 van Gauteng saamgevat het!"