Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3395 resensies.
"Kan nie wag om ons volgende vakansie in Marlothpark te bespreek nie. Geniet die diere wat so vrylik om die huise beweeg."
"Marlothpark se sekuriteit is nie baie goed nie. Ons vriende is deurgelaat sonder om hul bespreking te wys of 'n permit te ontvang (hulle was nie bewus dat hulle een moes kry nie). Die volgende dag het hulle gevra vir 'n permit, maar was meegedeel dat daar nie genoeg permitkaarte beskikbaar is nie (dit was oor 'n langnaweek, dus was daar baie besoekers gedurende die tyd)."
"Baie besig gewees oor die langnaweek (soos altyd). Paaie is in 'n swak toestand en benodig dringend aandag. Ons het vir 13 jaar 'n huis daar gehad en paaie was gereeld geskraap."
"Lekker vakansieplekkie in die bos. Begin egter baie kommersieel raak. Die enorme lodges en drie verdiepings 'n bekomernis vir die toekoms. Lekker gebly naby die Kruger."
"Nog altyd lekker gekuier by Marloth en die mense is baie vriendelik. Dit is 'n moet as jy van die natuurlewe hou."
"Die grensdraad tussen Marlothpark en die Krugerkildtuin is kommerwekkend en in 'n baie swak toestand. Nie seker of dit die parkeraad se verantwoordelikheid is nie, maar kan verstaan dat daar leeus en ander diere maklik kan oorloop na Marlothpark."
"Ongekontroleerde werkers blyk problematies te wees. Stil eenhede (lock-up and go) kan maklik beset word in eienaar se afwesigheid en sonder eienaar se medewete."
"Marloth Park feels neglected and very bushy. The roads are extremely bumpy and the park is not taken care of."
"Daar is geen plek soos Marloth. Beste plek in die bos en natuur."
"Geweldig baie verkeer op die hoofstraat (Olifant), daar is elke dag baie mense wat langs die pad rondslenter en by die "besigheidskomplekse" se ingange rondsit."
"Puik vakansiebestemming in die bos gerieflik naby die Krugerwildtuin. Leeus en luiperds wat gereeld in- en uitbeweeg maak vir 'n opwindende tyd in die bos. Die Amazing Kruger View Restaurant sorg vir vingerleklekkerkos met 'n puik uitsig en fotogeleenthede oor die Krokodilrivier en Kruger. Die winkels en bottelstoor het als wat nodig is en die vulstasie is 'n wenner. Meeste winkels en die vulstasie sluit om 18:30 wat mens kan onkant vang."
"Van die paaie kort bietjie aandag – soms moeilik om met gewone voertuig te ry. Marloth kan meer van die bos teen die heining oopsny vir beter uitsig. Blyplekke is lekker privaat en ver van mekaar."
"Ongelooflike mak diere wat by jou op die stoep kom kuier. Die paaie vanaf die hoofpad is baie sleg."