Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3395 resensies.
"Almal was baie vriendelik en opgewek. Spesiale dankie aan die lifeguard by die swembad was so mooi na al ons kiddies gekyk het. Dink sy naam was Sipiwe/Sipiwo."
"Marlothpark is 'n juweel. Ongelukkig raak dit nou baie besig met baie nuwe huise wat opgerig word. Nietemin is daar heelwat diere en hulle pas aan by die mense en is oral sigbaar in die kamp. Dit is oor die algemeen 'n lekker plek om af te skakel en te rus. Sal selfs 'n perfekte plek wees om af te tree met Malalane wat net 30 km van daar af is met alle nodige dienste."
"Marlothpark is die beste plek vir iemand wat voel hy het tyd nodig om net te ontspan."
"Sal baie graag daar wil grond koop en plek bou vir aftrede. Netjies en baie skoon."
"Ek was net ’n bietjie bekommerd omdat daar so baie locals vrylik in Marlothpark rondloop."
"Die verskeidenheid wild in Marloth Park is 'n bonus as mens nie die dag Kruger toe wil ry nie! Rustigheid en vrede is kos vir die siel."
"Almal in Marloth is baie vriendelik en die diens by enige plekkie waar jy instap is fantasties."
"Lekker waterpark naby vir kinders en gesinsontspanning. Nodige winkels beskikbaar vir voorraad."
"Ons bly gereeld in Marlothpark. Ons geniet die park. Alles is daar wat nodig is. Jy kan kies en keur tussen akkommodasie."
"Gaan in die winter, of maak seker eenheid het lugversorger. Baie muskiete, maar is 'n rustige, pragtige bestemming."