Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Kaart

Geverifieerde Resensie

Marloth Park

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3395 resensies.

Marlothpark

Maphupho Yemali

"Paaie is bietjie verspoel na die reën, so dis maar rof om te ry met gewone kar i.p.v. 'n 4x4."

Marlothpark

Mellivora Lodge

"Marlothpark is fantasties. Netjies met als wat benodig is in die dorpie."

Marlothpark

Impalas Walk

"Marloth is soos 'n klein gemeenskap op sy eie! Dit was vreeslik lekker om ons tyd daar te spandeer. Die paaie van die natuurreservaat was ongelukkig verspoel so ons het geen toegang tot al die diere gehad nie, maar die bokkies wat by jou woonplek opdaag is net so lekker!"

Marlothpark

Hyena Huis

"Besondere lekker plek om te wees."

Marlothpark

Impala Cottage

"Ons gunstelingplek om te gaan rus."

Marlothpark

Oribi Cottage

"Dis regtig 'n bosvakansie as jy een soek. Ons het dit baie geniet. Dis kos vir jou siel."

Marlothpark

Kruger Maroela Lodge & Spa

"Dit was 'n aangename verrassing."

Marlothpark

Self-Catering Cottage

"Very relaxed environment."

Marlothpark

Mopani Villa

"'n Belewenis."

Marlothpark

Koedoeslaagte

"A lovely place to holiday. Some sand roads need attention."

Marlothpark

Slowveld View

"Altyd lekker om na die bos te kom vir 'n wegbreek."

Marlothpark

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Grondpaadjies nie altyd geskik vir 'n gewone voertuig (sedan) om wild te kyk nie."

Marlothpark

3875 Eagle

"Marloth is 'n lekker kuierplek. Sal beslis weer gaan!"

Marlothpark

Hippoholiday

"Vir die bos- en diereliefhebber is Marlothpark absoluut 'n wenner."

Marlothpark

Kruger Loft

"Is mooi en lekker in Marlothpark, kort net nog meer entertainment vir mens om te kan doen. Vir oud en jonk."

Marlothpark

Inkwazi Place

"Toegangsroetes na verskillende huise kort dringende aandag. Winkel en ander geriewe baie goed. Sekuriteit goed."

Marlothpark

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Die Bos reastaurant en die "Amazing Kruger View Restaurant" is werlik great. Ons het baie lekker daar gekuier!"

Marlothpark

Hippoholiday

"Some roads are very bad to travel to arrive at your destination/house. Not everyone has 4x4 bakkies."

Marlothpark

Blinkwatersrus

"Baie lekker plek. Jammer ons moet so ver ry."

Marlothpark

My Bushhouse (Bayt AlGhaba)

"Net die een dame by Field Security se kantoor was baie onbeskof toe ek die sleutel wou optel Donderdag 6 April. Verder is Marloth vir my die beste omgewing om te bly as 'n mens Crocodile Bridge wil gebruik."

Marlothpark

Kruger Kurper Villas

"Salig en goed geleë."

Marlothpark

Serenity Bush Ballads

"Grondpaaie baie sleg na die groot reën."

Marlothpark

Serenity Du Bois Lodge

"Alhoewel Marlothpark baie besig was en sommige van die grondpaaie sleg was vir 'n gewone motor was daar soveel om te sien en geniet. Seekoeistraat was begaanbaar vir my gewone motor en hier kon ek olifante en ander diere dophou wat water drink. Ek het heerlik geëet by die Marlothi restaurant wat se pryse baie billik was. Marloth is 'n pragtige plek en goeie waarde vir geld."

Marlothpark

Cats Corner

"Rustig in die bos."

Marlothpark

Hippoholiday

"Paaie kort dringend aandag, maar dit is verstane na die baie verspoelings."

Marlothpark

Sable Hide 2692

"Bly elke jaar in Marlothpark, geniet die rustigheid en natuur, wild om die huise."

Marlothpark

Eden @ Marloth

"Paaie is baie sleg."

Marlothpark

Wees Rustig Rustig

"A place to relax from the busy life. Amazing."

Marlothpark

Aloe's Rest Camp

"Paaie is regtig sleg en kan drasties verbeter word."

Marlothpark

Maningwe

"Dit is mooi, enigste negtatiewe kommentaar is die paaie. Daar is by plekke groot groewe in die pad, wat dit moeilik maak, veral as jy nie 'n hoë kar het nie en in die aande. Die waarskuwing van leeus wat daar kan rondloop het bietjie spanning veroorsaak. "

Blad
Blad 6 - Wys 151 tot 180

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang