Geverifieerde Resensie
Marloth Park
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3395 resensies.
"Jammer dat die aantal huise wat gebou mag word nie beperk is nie, mag dalk later die diere in die omgewing negatief beïnvloed."
"Moet 'n fooi by die hek vra om in te gaan dan sal daar minder misdaad wees. "
"Houses a good variety and quantity of animals. Could do with more variety of places to eat or drink. We liked it and will come back again."
"Baie mooi! Jy kan regtig vir 'n "African Safari outing" daar gaan bly. Diere is baie mak. Bosbokkies en koedoes eet uit jou hand. Grens aan die Krugerwildtuin. So jy kan van die diere ook sien wat in die Wildtuin rondloop. Dit was een van ons beste vakansie! "
"Die diens by van die eetplekke in Marloth is maar redelik swak. Die Watergat is lekker sentraal geleë en het 'n swembad vir mense om te gebruik teen 'n fooi, maar die diens van die kelners kan verbeter. Daar is wel nou 'n waterpark met glybane wat die kinders veral geniet. Mens kan daar braai en kuier vir die dag. Daar is ook ander eetplekke wat ek eerder sal aan beveel. By Aamazing River View is die diens bietjie beter, maar mens kry darem ekstra voordeel met 'n 'view' oor die rivier - die plek is by Henk van Rooyen karavaan park in Marloth. Nog 'n eetplek is Phumula Kruger Lodge wat 'n lekker restaurant bied met goeie kos. "
"Die pad om langs draad te ry is nie geskik vir kleiner voertuie nie. Die krag bly 'n groot probleem oor Desember. Vat jou eie ysmasjien aangesien dit 'n groot probleem is."
"Love the park. Just getting a little bit to commercialised. And losing a bit of the bush experience because the houses are being built to close together. And I will definitely not recommend the waterpark. "
"Ek kan Marloth Park aanbeveel vir enige iemand wat net na rustigheid soek en dis naby aan Komatipoort. As jy iets nodig het wat nie daar beskikbaar is nie. Nog 'n pluspunt is die Krokodilbrug. Al wat ek opgeval het, dit was ook maar die tyd wat ons daar was, was die “waste containers" in hoofpad was bietjie van 'n oogseer, en van die diere het daar gaan rondkrap. Glo nie daar was dienste beskikbaar van voor Kersfees, wat opruiming gedoen het nie. Maar andersins was ons verblyf baie aangenaam."
"Friendly people, clean & my ideal place to relax. Animals coming to visit always a highlight. "
"Marloth Park is baie skoon en netjies. Die huise is ook baie mooi. Die mense is vriendelik en hulpvaardig. Ek sal definitief weer 'n vakansie daar hou."
"Marloth park is mooi skoon, pragtige bosveld ongewing naby die Kruger Wildtuin en die huise daar is mooi. Soveel mooi vakansiehuise beskikbaar en daar is wild wat rond loop. Baie baie nice!"
"We love Marloth Park, this was our third visit and we really enjoy the freedom to walk around, the road and walk along the Crocodile River is truly awesome, and the facilities of the place are more than adequate."
"Marloth Park is supposed to be a wildlife nature reserve - there needs to be more control over cigarette butts, plastic bottles and papers lying around, owners of properties should be fined for this. We are also concerned that Marloth is becoming over populated and commercialised, impacting the animals as well as the water and power supply to guests. Pictures of places to stay that are advertised on websites should be updated regularly as they are misleading. The quality of the food in the restaurants is poor."
"Wonderful to say so many wild animals roaming around, my first time to Marloth Park and I would be back again."
"Baie lekker, daar is baie om te doen. Maar die winkels het toegemaak voor Kruger se hek toe is; dit sal help as hulle die hek tye ook in ag neem sodat mense wat heel dag in die Kruger was ook kans het om winkel toe te gaan."
"Die park kan gerus hulle grondpaaie beter in stand hou. Verder is dit 'n wonderlike vakansiebestemming. Ons het elke keer wat ons daar was, dit baie geniet."