Verified Reviews
Matjiesfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Matjiesfontein
Rated 4.6 out of 5 based on 21 reviews.
"Matjiesfontein is 'n geskiedkundige klein plekkie wat netjies instandgehou word. Die gratis busrit deur die dorp is 'n moet."
"Spookhuistoertjie was heerlik en die klein kerkie 'n bonus. Die Koffiehuis se kos was baie droog en lank voor die tyd gemaak, dit was sleg om eerlik te wees, moenie daar iets eet nie."
"Matjiesfontein is a quaint and interesting place to visit. Would reccomend it. The reserve itself is a fynbos reserve and offers 4x4 excursions. The reserve is not close to Matjiesfontein."
"Elke mens in Suid Afrika wat lief is vir ou goed moet die dorp besoek - onvergeetlik."
"Was voorheen daar. Dit baie geniet. Die moeite werd om nie verby te ry nie, maar af te draai."
"Die dorpie is 'n museum! Pragtige stasie en al die ou geboue gerestoureer. Ons besoek die museum en drink koffie voor 'n kaggel. Die natuurskoon is die kersie op die koek."
"Baie mooi plek. Hoogs aanbeveelbaar vir enige persoon. Beplan 'n volgende besoek, maar hierdie keer wil ek daar oorslaap. Sal graag met die trein soontoe wil gaan."
"Dit is 'n baie interessante dorp en die mense is baie behulpsaam. Die museums is goeie waarde vir geld. "
"Matjiesfontein is definitely worth a visit. Great to see all the Victorian buildings and stunning furnishings and the old vehicles. To admire, stay at or eat at the Lord Milner Hotel, have coffee and delicious cake at the Coffee House and browse around or purchase an item at the Gift shop or visit the Transport Museum. It's like going back in time. "
"Die Transport Museum is baie interessant en ek het baie tyd daar spandeer en baie foto's geneem. Die 10min toer op die Rooibus was 'n hoogtepunt en die sang en klavierspel in kroeg was voortreflik. "
"Die oudhede- en kar-museum, asook die ou geboue, meubels en maklike toegang vanaf die hoofroete maak hierdie 'n plek wat nie gemis moet word nie.. Laat ten minste 'n dag toe om te verken."
"Enige in sy soort, ryk aan geskiedenis, 'n juweel in die middel van niks en nerens."