Geverifieerde Resensie
Mc Dougalls Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mc Dougalls Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 116 resensies.
"'n Oulike plekkie met wonderlike vriendelike mense. Dit was wonderlik om daar te bly en lekker te rus."
"Lekker afgesonderde area - omtrent net vakansiegangers. Restaurante en winkels so 4 km weg in Port Nolloth."
"Dit sou lekker gewees het as daar meer dinge gewees het om te doen. Dit was ook baie ooglopend dat so baie huise op die oomblik te koop was. Ons het gewonder hoekom. Maar ewen wel, dit is steeds 'n lekker plek om na te gaan. Regtig die moeite werd om 6 ure te ry net vir 'n bietjie soutwater!"
"Lovely quiet town. Best for relaxing holiday to get away from the hustle and bustle. Would recommend one or two shops to open that side. Also restaurants. Stunning place overall!"
"McDougallsbaai is seker nie die skoonste strand nie, maar die omgewing het sy eie bekoring en daar is genoeg om te geniet."
"As Namibiër verstaan ek dat sulke klein plekkies nie baie geriewe kan aanbied nie. Ons het in Port Nolloth aandete geniet, wat net 'n paar kilometer van Mc Dougallsbaai is. Het heerlik by die plaaslike restaurant Vespetti geëet, en kon 'n pragtige sonsondergang beleef."
"Dit was baie rustig. Dit was nie oorvol vir Desember nie. Sou net inligting wou hê oor waarheen om te gaan om vis te vang in die Port. Daar is geen plekke wat 'n mens kan identifiseer om te gaan visvang nie."
"Mooi dorpie, maar ek dink die restaurante buit die toeriste uit. Kos baie duurder as in Johannesburg en nie baie goeie waarde vir geld nie."
"Mc Dougallsbaai het bietjie teleurgestel. Veiligheid/diefstal is 'n probleem. Baie huisies in haglike toestand, gee nie 'n goeie indruk nie. Baie glas skerwe op die strand."
"Mc Dougallsbaai het ons verras, heerlik stil en veilig met pragtige rotsriwwe en na genoeg aan plekke soos Oranjeriviermond en Kleinzee, "
"As jy daarvan hou om unieke plekke en hul mense te verken, kom pak hier af. Luister na die vele Weskus verhale van diamante en skeepswrakke soos net hulle dit kan vertel. Daar is tale kleurvolle karakters wat legendes in hulle eie tyd geword het wat hulle stories graag met jou sal deel."