Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 3240 resensies.
"Dis altyd lekker om in Mosselbaai tuis te gaan en oral rond te ry na bv Hartenbos, asook die winkelsentrums en restaurante. Dis heerlik rustig waar ons gewoon het, alhoewel hul besig was met onderhoudswerk wat seker nodig was."
"Veel om te doen vir ontspanning, vriendelike inwoners."
"Ongelooflike lekker groot dorp gevoel, skoon strate en sekuriteit wat strate bewaak teen kriminele wat dalk leeglê."
"As mens van 'n klein plattelandse dorpie kom, voel Mosselbaai soos 'n groot stad, maar vir die regte stedelinge sal dit sekerlik baie rustig wees."
"Enige persoon of gesin of vriendegroep - of jy net wil ontspan & afskakel en/of aktief wil deelneem aan aktiwiteite is beskikbaar vir elke ene."
"Mosselbaai is 'n baie lieflike plek daar is baie aktiwiteite wat 'n mens daar kan doen byvoorbeeld soos om na die slides te gaan en so bietjie deur die mall te gaan stap, gaan uit eet saam met familie of vriende."
"Mosselbaai bied ontspanning vir klein en groot. Dit het 'n rustige en kalmerende invloed op jou."
"Mooi plek, netjies en skoon. Was gedurende die Ironman-naweek daar en dit was fantasties. Sien uit vir die volgende Ironman in Mosselbaai."
"'n Baie mooi dorp en alles wat jy nodig het. Baie eetplekke en Langeberg Mall."
"Beautiful town with beautiful beaches, and two large malls. Community very friendly."
"Fantastiese vakansieplek. So baie om te doen en te sien. Afrikaans en baie vriendelike en behulpsame mense."
"Danabaai het ñ klein winkelsentrum wat alles aanhou, maar 5 minute se ry en jy is by ñ groot sentrum, 10-15 minute en jy is in Hartenbos of Dias strand in Mosselbaai en ander besienswaardighede. Ons het by die Casino se restaurant ñ Buffet ete ge-eet wat ook uitstekend was."