Geverifieerde Resensie
Mossel Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mossel Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.8 uit 5 gekry volgens 3240 resensies.
"Lots to see and do. Shops were excellent and nearby. The beaches are nice and clean."
"Mosselbaai is 'n baie mooi dorpie met baie dinge om te doen veral met kinders bv. die waterpark. Ek sal dit aanbeveel vir enige persoon."
"Ons is gaande oor die Suidkus en Mosselbaai/Hartenbos bly maar bo-aan die lys, veral met tieners in die huis."
"Ons bly gereeld oor in Mosselbaai en probeer elke keer by 'n ander plek bespreek sodat ons dalk 'n plek kan vind waar ons altyd sal wil bly."
"Mossel Bay is just another seaside town, not very impressed, but it could be due to the accommodation."
"Dis altyd lekker in Mosselbaai, ons sal definitief weer kom, net jammer Langeberg Mall se Wimpy se diens was pateties, dit was nie skoon nie, my vrou het siek geraak van die chicken and mayo broodjies."
"Mosselbaai is pragtig, ons hou elke jaar daar vakansie. Skoon, netjies en pragtig! 'n Mens kan asemhaal in Mosselbaai!"
"Ons het die meeste van ons tyd in Hartenbos spandeer, net een aand in Mosselbaai gaan uiteet."
"Dit was verfrissend om so 'n pragtige, skoon dorp te sien waar geen slaggate in die pad is nie en alles werk, ook geen beurtkrag nie. En die mense is almal vriendelik. Dit was 'n wonderlike ervaring."
"Daar is soveel dinge om te doen in die pragtige omgewing. 'n Perfekte vakansiebestemming."
"Vriendeliheid, hoflik, bedagsaam. Toeriste word net uitgebuit, een aktiwiteit was R600 en toe die skole sluit sommer R800."
"Enjoyed it there. Went on a boat cruise, walked in the Mall, museum, etc. Beautiful place with friendly people."