Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Beslis die moeite werd om te besoek. Ons gaan al die afgelope twintig jaar Marlothpark toe. Die plek groei op 'n mens."
"Pragtige plek, perfek vir klein kindertjies om te geniet. Die Bos Atlantis is beslis 'n moet."
"Bied die wildtuin van naby en is heerlik ontspannend en beskik oor nodige geriewe vir noodgeval-aankope. Slaghuis goeie kwaliteit vleis!"
"Ons was verstom oor die agteruitgang van die paaie in Dullstroom. Soos altyd lekker vis gevang en gekuier."
"Marloth kort ’n supermark, soos bv. Spar. Die klein winkels is vreeslik duur, en mens wil nie met groot klomp kos reis nie."
"Heerlike wegbreek met lekker restaurante. Bid dat hul sal oop bly en deur al die inperkings sal kan oorleef."
"As jy wil afskakel en rus is Kaapse hoop die plek vir jou. Perfek vir natuurliefhebers."
"Dullstroom is a great area to visit and a must for those who have not visited as yet."
"Ons woon al 9 jaar in Sabie en ondersteun graag op ons voorstoep. As jy vêr moet ry is Frangipani Gastehuis (49 on Main) jou keuse vir lekker rus en ontspan in Sabiedorp. Jy is loopafstand van alle restaurante en winkels."
"Die dier- en die voëllewe is baie mak en volop. Daarvan is daar 'n groot verskeidenheid."
"If you are looking for a bushveld breakaway Marloth Park ticks all of the boxes. Rules are in place to maintain the peace and tranquillity and must be adhered to for your benefit and the rest of the community."
"As die wildtuin vir jou te duur is, gaan gerus tuis iewers in Marlothpark! Ons was al by verskeie plekke wat regtig baie billik is met hul pryse - wat regtig bekostigbaar is. Ons is absoluut mal oor Marlothpark!"
"We love Marlothpark, but the road from Olifants to Seekoei and Seekoei itself was shocking! Not car friendly and a challenge for a 4x4."