Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Absolutely loved the place, it was calming and it needs you to be a lover of nature to fully absorb the fun."
"Kaapsehoop is 'n pragtige dorpie en bied baie aktiwiteite redelik naby. Die staproetes is beslis die moeite werd en jy word beloon met mooi uitsigte en 'n waterval."
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Luxury Villa Nelspruit"Dit was 'n groot verassing om te sien hoe mooi en skoon die stad is."
"Ons verstaan dat daar groot reens was, maar die grondpaaie is redelik onbegaanbaar en beperk jou om verder in te gaan."
"Ons kom omtrent elke jaar Witrivier toe vir ons seuns se rugbytoere en ons is altyd gelukkig."
"Hemel op aarde, verlief op die plek. Hoop om eendag permanent daar te bly."
"With all the new houses popping up, Marlothpark is quickly losing its charm. New houses are popping up everywhere, this reduces available food for the animals, also builders can be loud and noisy."
"Die diere is orals te sien. Die winkels is gerieflik en naby met als wat jy kan nodig kry. Die paaie kan aandag kry asb., nie almal ry 4x4-voertuie nie. Ons sou graag meer van Marloth wou sien, maar die paaie was baie sleg. Mens verstaan dit het baie gereën, maar nou kon dit al aandag geniet het."
"I would recommend not going there for a weekend. It needs you to take at least a week."
"Die mense het ons baie vriendelik ontvang en die diens was baie goed oral waar ons aangegaan het."
"Ons was in Delmas vir die 9 Hour Enduro by Red Star Raceway - baie mooi baan en is lekker om te wees gaan saam met vriende en familie."
"Dullstroom is 'n klein "gem" en definitief 'n plek wat besoek moet word, orals waar ons ingegaan het, was ons vriendelik ontvang."
"Ons gaan gereeld Kaapsehoop toe. As daar 'n troue aan is, dan is dit asof the ander vakansiegangers nie saak maak nie. Ons het probeer om by die Nagkantoor iets te gaan eet en drink op 24ste Maart. Ons het ingeloop, maar daar was te veel mense (kinders op komberse ens). Die eienaar het ons net aangekyk en nie eers ons gegroet nie. Ons het toe na die Bohemian Groove gegaan waar ons dadelik gehelp was. Ons het ook Sondag(26 ste Maart) probeer by Silver Mist Country Inn ontbyt te eet, maar hulle het slegs vir die troue se gaste kos voorsien. Hulle moet dalk net 'n "private function" kennisgewing gebruik. Ons was darem dadelik gehelp by Salvadors."