Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
"Marlothpark is vir oud en jonk wat van die natuur hou 'n moet. Ons het (behalwe vir die Groot 5) meer diere in die park gesien as in die Wildtuin."
"Dit is awesome, gaan al soontoe vandat ons kinders is en ons is nog steeds nét so lief vir die plekkie!"
"Die hoofpad deur die dorp kan met "humps" meer veiliger wees vir voetgangers."
"Marlotpark is 'n awesome bestemming. 'n Mens ontspan heerlik in die natuur. Wilde diere wat kom besoek aflê by jou huis is fantasties. "
"Love to visit more often, beautiful and so much to do. Pioneer restaurant, excellent dinner with 13 people, not one was disappointed. Love Hayzyview."
"Ons geniet Marloth en is al vir meer as 14 jaar besoekers hier. Wat ons opgeval het is dat die huise word baie opmekaar gebou en ons het baie vullis gesien en bourommel. Verder is daar baie keer lawaai van mense wat nie altyd gepeil kan word as mense met geen nagedagte vir die mede-inwoners of sommer net blatant is nie. Marloth bly nog steeds pragtig, maar ons wonder maar oor die vinnige groei."
"Daar is so baie versteekte skatte. Ons het nie by almal eers uitgekom nie. Dis 'n pragtige plekkie."
"Shopping malls, hospitals, tourist attraction centres etc are very close and that makes it easy to visit many places at once."
"Mooi dorpie wat sentraal is vir die besigtiging van die pragtige natuur van die Laeveld."
"Dis baie mooi daar. Dis in die middel van al die pragtige watervalle in die hele Mpumalanga, so baie bestemmings om te gaan besoek dat daar net nie genoeg tyd is om by alles uit te kom nie."
"Baie mooi, rustige en lekker plek om te gaan ontspan. Uitkyk plekkies langs die rivier is pragtig! Die spoedheuwels is bietjie erg hoog, want ons het gesukkel om met n klein karretjie daaroor te ry sonder om die voertuig te beskadig. Dit is nie almal wat met 'n bakkie of 4x4 voertuig ry nie. Ek glo dit is nodig om te keer dat mense jaag, maar dit is n bietjie erg vir iemand met n klein karretjie."
"Marloth Park is fantasties! Ons geniet elke keer ons kuier daar terdeë! Sal ongelukkig nie die nuwe waterpark aanbeveel nie, ons sal eerder by ons huurhuis swem. Somer is te warm vir ons, ons sal eerder ons verlof in Marloth in die winter neem."
"Mpumalanga is 'n provinsie met baie geskiedenis en pragtige natuurskoon."
"Sabie is n asemrowende bestemming! Pragtigste natuur en die vriendelikste mense. 'n Moet sién om te glo area!"
"Oulike plekkie. Verfrissend anders. Dierbare mense. Ek het die perde geniet wat deur die dorp beweeg."