Geverifieerde Resensie
Mpumalanga
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Mpumalanga bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 10162 resensies.
Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
Eagles Guest Farm"Geen klagtes oor Nelspruit nie, net jammer dat soveel winkels teen die rivier se winkelsentrum so toemaak."
"Dullstroom is so 15 min se ry van Uitvlugt Ponds, baie mooi dorpie met verskeie winkels om deur te loop. En natuurlik Harrie's pancakes."
"Vir die vlieghengelaar en moontlik gholfspeler is dit 'n gawe bestemming. Van Maandae tot Woensdae gebeur daar nie veel nie en mens moet vroegaand 'n eetplek soek, anders is als toe. Vanaf Donderdae verander dinge darem redelik. Die Highlander en Mrs Simpson is bo-gemiddelde eetplekke, wat goeie waarde vir geld bied. Die landgoedere rondom Dullstroom is baie meer indrukwekkend as Dullstroom self. Nogmaals 'n lekker wegbreek vir rustigheid!"
"Marloth Park is a great get away and the perfect spot if you are visiting Kruger, but don't want to stay in the park. It's quiet and we saw quite a bit of wildlife, including giraffes, inside Marloth. Would definitely visit again. This is my second time at Marloth Park and I love it. "
"Die ligging is naby alles wat mens graag wil sien. Jy gaan om te rus, nie om inkopies te doen nie. "
"Alles was lekker. Het ongelukkig padaanduidings verwarrend gevind. Sien nie die nut om op 'n grondpad te moet ry as jy direk van Hazyview se kant af kan kom. "
"Eet gerus by Mrs. Simpson's restaurant. Puik diens, interessante milieu en heerlike kos."
"Om by 'n plek te kom waar die water in die swembad silwerskoon is en die kameelperde by die voerbakke eet terwyl jy sit, maak enige persoon se vrede rustig! Keep it up."
"Dullstroom is 'n great klein dorpie met vriendelike mense en goeie diens."
"Lekker, soos altyd, van die Lodge tot in die Wildtuin en Protea Hotel. Uitstaande."
"Hoe heerlik om te kan rondstap tussen koedoes, kameelperde, zebras, volstruise ens. Fantastiese bestemming en ons sal weer gaan."
"Daar gebeur nie veel in Graskop nie, maar dit is die beste plek om te bly om die omliggende natuur te sien."
"Baie lekker dorpie. Ons besoek dit gereeld, want ons het tyddeel by Pine Lake Resort."
"Marloth Park is beslis 'n heerlike plek om rustig te kan ontspan en die natuur te geniet."